Slaan direk na inhoud oor

SPREUKE 3:28 – Vergelyk alle weergawes

SPREUKE 3:28 AFR83 (Afrikaans 1983)

Moenie vir iemand sê: “Gaan eers terug en kom môre weer, dan help ek jou,” as jy nou reeds kan help nie.

SPREUKE 3:28 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, dan sal ek môre gee — terwyl jy dit het.

SPREUKE 3:28 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Moenie vir jou buurman sê: “Gaan nou weg en kom môre weer, dan sal ek jou help,” terwyl jy dit nou al kon gedoen het nie.

SPREUKE 3:28 DB (Die Boodskap)

Help dadelik. Moenie vir jou naaste sê om liewer môre te kom as jy hom vandag al kan help nie.

SPREUKE 3:28 ABA (Bybel vir almal)

As jy dadelik kan help, dan moet jy dit doen. Jy moenie sê: “Gaan eers terug en kom môre weer, dan sal ek jou help” nie.

SPREUKE 3:28 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Moenie vir jou medemens sê, “Gaan en kom later weer – môre sal ek dit gee!” terwyl jy dit by jou het nie.

SPREUKE 3:28 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, en môre sal ek gee; wanneer jy dit by jou het.