SPREUKE 25:26
SPREUKE 25:26 Die Boodskap (DB)
As drinkwater vuil word en damme besoedel word, is dit sleg. So is dit ook as ’n gelowige die pad byster raak en verkeerde dinge begin doen.
SPREUKE 25:26 Bybel vir almal (ABA)
'n Mens wat reg gelewe het en dan kies om dieselfde dinge te doen soos 'n persoon wat verkeerd lewe, is soos 'n fontein of 'n put vol vuil water.
SPREUKE 25:26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n Troebel fontein en 'n vuile bron, so is die regverdige wat wankel voor die goddelose.
SPREUKE 25:26 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Fontein, 'n put waarvan die water vuil en stink geword het, so is 'n regverdige wat hom tot 'n val laat bring deur 'n goddelose.
SPREUKE 25:26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Modderige fontein, 'n besoedelde bron, so is 'n regverdige wat swig voor 'n goddelose.