SPREUKE 22:12 - Compare All Versions

SPREUKE 22:12 ABA (Bybel vir almal)

Mense kan aanhou leer hoe om te lewe omdat die Here regeer. Hy laat die dinge wat verraaiers sê, nie gebeur nie.

SPREUKE 22:12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Die oë van die HERE bewaar kennis; daarom verydel Hy die woorde van die ontroue.

SPREUKE 22:12 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die Here sorg dat die regte insig behoue bly; Hy sorg dat die woorde van 'n onbetroubare mens geen uitwerking het nie.

SPREUKE 22:12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die oë van die HERE bewaak kennis, en die sake van 'n bedrieër werp Hy omver.

SPREUKE 22:12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Die oë van die HERE bewaar kennis, en Hy vernietig die woorde van die oortreder.

SPREUKE 22:12 DB (Die Boodskap)

Die Here sien alles wat ’n wyse en ’n domme sê en doen. Hy help ’n mens om reg te leef. Hy vernietig bose planne.

SPREUKE 22:12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die HERE hou kennis in stand. Hy keer die woorde van die onbetroubare mens om.