SPREUKE 21:6 - Compare All Versions

SPREUKE 21:6 ABA (Bybel vir almal)

Wanneer mense baie dinge het omdat hulle ander mense bedrieg het, dan verdwyn dit soos wind, en die mense sterf gou.

SPREUKE 21:6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Die verwerwing van skatte deur 'n valse tong is 'n verwaaide asem — dodelike valstrikke.

SPREUKE 21:6 AFR83 (Afrikaans 1983)

Skatte wat met bedrog versamel is, verdwyn in die wind en bring die dood.

SPREUKE 21:6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die verkryging van skatte deur 'n vals tong is 'n vlugtige damp – dit is strikke van die dood.

SPREUKE 21:6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Om skatte te verkry deur 'n leuenagtige tong is 'n nietigheid wat heen en weer geslinger word van die wat die dood soek.

SPREUKE 21:6 DB (Die Boodskap)

Geld wat vinnig en oneerlik gemaak is, bring nie geluk nie. Wie dit doen, draai homself in die strikke van die dood vas.

SPREUKE 21:6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Skatte met leuens verwerf, beteken niks en bring net die dood.