SPREUKE 21:3-4
SPREUKE 21:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here verkies dat 'n mens doen wat regverdig en reg is eerder as dat jy offers bring. Die sonde van goddeloses begin altyd met selfverheffing en eiewaan.
SPREUKE 21:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Die Here hou meer van iemand wat reg lewe en reg doen as van iemand wat offer. Mense wat verkeerd doen, dink dat hulle belangrik is en dat hulle baie weet. Dit is hulle sonde.
SPREUKE 21:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Om geregtigheid en reg te doen, is vir die HERE verkiesliker as offers. Hoogheid van oë en trotsheid van hart — die glans van die goddelose is sonde.
SPREUKE 21:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Om te doen wat reg en billik is, is vir die HERE verkieslik bo offers. Hoogmoedige oë en 'n verwaande hart – die lamp van goddeloses – is sonde.
SPREUKE 21:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Om reg en oordeel te doen is vir die HERE meer aanneemlik as offerande. 'n Hoë blik en 'n trotse hart en die ploeg van die goddelose is sonde.
SPREUKE 21:3-4 Die Boodskap (DB)
Om die regte dinge te doen en te sê is vir die Here baie belangriker as ’n groot dankoffer. Dit is verkeerd om baie van jouself te dink en op ander neer te sien. Wie daarmee aanhou, kan later nie meer verander nie.