SPREUKE 2:6-7
SPREUKE 2:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Want dit is die Here wat wysheid gee, Hy sal vir jou leer om te weet en te verstaan. Hy gee vir eerlike mense ware wysheid, Hy beskerm mense wat heeltemal reg lewe.
SPREUKE 2:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
(want die HERE gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand, en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is 'n skild vir die wat regskape wandel
SPREUKE 2:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig. Hy laat eerlike mense sukses behaal en Hy beskerm dié wat onberispelik lewe.
SPREUKE 2:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ja, net die HERE gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstandigheid. Vir die opregtes hou Hy vindingrykheid in bewaring, as 'n skild vir hulle wat onberispelik leef
SPREUKE 2:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die HERE gee wysheid; uit sy mond kom kennis en insig. Hy bêre gesonde wysheid vir die regverdiges; Hy is 'n skild vir die wat opreg wandel.
SPREUKE 2:6-7 Die Boodskap (DB)
Onthou egter net een saak: wysheid om reg te leef kom net van die Here af. Kennis en insig is net by Hom te kry. Hy gaar arms vol wysheid vir die gelowige op. Dit is net vir ons bedoel vir wie die Here liefhet. Soos ’n skild sal dit ons teen slegte dade beskerm. Dit sal ons aanspoor om gelukkig te leef.