YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

SPREUKE 17:9

SPREUKE 17:9 Bybel vir almal (ABA)

Iemand wat maak of hy nie sien wanneer iemand anders iets teen hom doen nie, is iemand wat lief is vir mense. Iemand wat vertel wat ander mense oor mekaar sê, laat vriende kwaad word vir mekaar.

Deel
Lees SPREUKE 17

SPREUKE 17:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Wie 'n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.

Deel
Lees SPREUKE 17

SPREUKE 17:9 Afrikaans 1983 (AFR83)

Wie 'n verkeerde optrede teenoor homself verontagsaam, soek goeie verhoudinge; wie 'n saak bly ophaal, bring verwydering tussen vriende.

Deel
Lees SPREUKE 17

SPREUKE 17:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Wie 'n oortreding bedek, streef na liefde, maar wie 'n saak telkens ophaal, skei boesemvriende.

Deel
Lees SPREUKE 17

SPREUKE 17:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Hy wat 'n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat 'n saak herhaal, skei baie vriende.

Deel
Lees SPREUKE 17

SPREUKE 17:9 Die Boodskap (DB)

As jy mense vergewe wat jou te kort doen of sleg van jou praat, verstaan jy God se liefde baie goed. Wie iemand altyd verwyt of hom aan sy skuld herinner, verloor gou al sy vriende.

Deel
Lees SPREUKE 17

SPREUKE 17:9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Iemand wat stilbly oor onreg teenoor hom, bevorder liefde tussen mense. Om gedurig daaroor te praat, dryf vriende uitmekaar.

Deel
Lees SPREUKE 17
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's