SPREUKE 17:18 - Compare All Versions
SPREUKE 17:18 ABA (Bybel vir almal)
'n Mens wat nie verstand het nie, sal borg staan en sê dat hy sy vriend se skuld sal betaal.
Deel
SPREUKE 17 ABASPREUKE 17:18 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Dit is 'n verstandelose mens wat handslag gee, wat borg staan vir sy naaste.
Deel
SPREUKE 17 AFR53SPREUKE 17:18 AFR83 (Afrikaans 1983)
Dit is 'n mens sonder insig wat borg staan, wat instaan vir die skuld van sy naaste.
Deel
SPREUKE 17 AFR83SPREUKE 17:18 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n Mens sonder verstand gee hand; hy staan borg vir sy medemens.
Deel
SPREUKE 17 AFR20SPREUKE 17:18 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
'n Man sonder verstand slaan die hand en word borg in die teenwoordigheid van sy vriend.
Deel
SPREUKE 17 CAB23SPREUKE 17:18 DB (Die Boodskap)
Pas op vir finansiële risiko’s, vir lenings waaraan jy swaar afbetaal. Moet tog nie vir iemand borg teken nie. Dit is ’n dom ding. Jy gaan aan die kortste ent trek.
Deel
SPREUKE 17 DBSPREUKE 17:18 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Iemand wat borg staan, het nie verstand nie. Net só ’n persoon sal instaan vir die skuld van sy naaste.
Deel
SPREUKE 17 NLV