SPREUKE 16:17-19 - Compare All Versions

SPREUKE 16:17-19 ABA (Bybel vir almal)

Eerlike mense loop op 'n pad waar dit nie sleg gaan met hulle nie. As hulle op daardie pad bly, dan hou hulle aan om te lewe. Wanneer iemand hoogmoedig is, dan sal dit gou sleg gaan met hom, wanneer hy dink dat hy beter is as ander mense, dan sal hy gou val. Dit is beter om nederig te wees saam met die mense wat hulleself nie kan beskerm nie, beter as om ander mense se goed te vat en dan saam met hoogmoedige mense te lewe.

SPREUKE 16:17-19 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Die gemaakte pad van die opregtes is om van die kwaad af te wyk; hy wat op sy wandel ag gee, bewaar sy lewe. Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val. Dit is beter om nederig van gees te wees saam met die ootmoediges as om buit te verdeel met die trotsaards.

SPREUKE 16:17-19 AFR83 (Afrikaans 1983)

Opregte mense vermy die kwaad op hulle lewensweg; wie nougeset lewe, hou homself in die lewe. Op hoogmoed volg ondergang, op selfverheffing volg die val. Liewer eenvoud saam met nederiges as om saam met hoogmoediges van roof te lewe.

SPREUKE 16:17-19 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die gebaande weg van opregtes is om weg te draai van die kwaad; wie sy lewe wil beskerm, gee ag op sy lewenspad. Voor ineenstorting is daar trots, en voor die val is daar 'n hooghartige gees. 'n Nederige gees saam met magteloses is beter as om buit te verdeel saam met hovaardiges.

SPREUKE 16:17-19 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Die grootpad van die opregtes is om van die kwaad af te wyk; hy wat sy weg bewaar, bewaar sy siel. Hoogmoed gaan voor vernietiging, en 'n hoogmoedige gees voor 'n val. Dit is beter om nederig te wees met die nederiges, as om buit te deel met die hoogmoediges.

SPREUKE 16:17-19 DB (Die Boodskap)

Wie die Here volg, bly uit die moeilikheid. Wie gelukkig wil wees, sal versigtig leef. Wie dink hy is beter as ander, word verneder. Trots lei tot ondergang. Dit is beter om niks van jouself te dink nie en saam met die eenvoudiges te leef, as om baie geld te hê en saam met hoogmoediges te bly.

SPREUKE 16:17-19 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die regverdige se pad stuur weg van die kwaad. Iemand wat daardie pad volg, beveilig sy lewe. Hoogmoed lei tot ondergang. Hooghartigheid kom net voor die val. Eerder nederig lewe saam met armes as om buit te deel met hoogmoediges.