Bible App logo
Soek-ikoon

SPREUKE 14:26-27 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

SPREUKE 14:26-27 AFR83 (Afrikaans 1983)

Wie die Here dien, het daarin 'n veilige toevlug, en ook sy kinders vind daar skuiling. Wie die Here dien, vind daarin 'n bron van lewe; dit laat jou die strikke van die dood ontkom.

SPREUKE 14:26-27 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

In die vrees van die HERE lê 'n sterk sekerheid, ook vir die kinders van 'n sodanige sal daar 'n toevlug wees. Die vrees van die HERE is 'n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.

SPREUKE 14:26-27 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hy wat ontsag het vir die HERE, geniet sekuriteit; sy kinders vind vastigheid by hom. Ontsag vir die HERE is ’n bron van lewe; dit beskerm jou teen die strikke van die dood.

SPREUKE 14:26-27 DB (Die Boodskap)

Wie die Here liefhet, voel veilig. Selfs sy eie kinders word beskerm. Die Here se liefde is soos ’n borrelende fontein. Dit maak van jou ’n sprankelende mens. Dit beskerm jou teen angs en spanning.

SPREUKE 14:26-27 ABA (Bybel vir almal)

Iemand wat die Here respekteer en dien, is veilig, en die Here beskerm daardie persoon se kinders ook. As jy die Here respekteer en dien, dan sal jy aanhou lewe, jy sal nie in die vangstrikke van die dood kom nie.

SPREUKE 14:26-27 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

In ontsag vir die HERE lê daar sterk vertroue, en vir iemand se kinders bied dit 'n skuilplek. Ontsag vir die HERE is 'n bron van lewe, sodat die vangstrikke van die dood vermy kan word.

SPREUKE 14:26-27 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

In die vrees van die HERE is 'n sterk vertroue, en sy kinders sal 'n toevlug hê. Die vrees van die HERE is 'n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.