SPREUKE 12:7 - Compare All Versions

SPREUKE 12:7 ABA (Bybel vir almal)

Wanneer die mense wat verkeerd doen, sterf, dan is hulle weg, maar die nageslag van mense wat reg lewe, sal altyd daar wees.

SPREUKE 12:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Die goddelose mense word omgekeer, en hulle is daar nie meer nie; maar die huis van die regverdiges bly staan.

SPREUKE 12:7 AFR83 (Afrikaans 1983)

Goddeloses val en dit is klaar met hulle; die nageslag van die regverdiges bestaan voort.

SPREUKE 12:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Goddeloses word omvergewerp en is nie meer daar nie, maar die huis van regverdiges bly staan.

SPREUKE 12:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Die goddelose word omvergewerp en is nie, maar die huis van die regverdiges sal bestaan.

SPREUKE 12:7 DB (Die Boodskap)

Ongelowiges gaan dood en dit is verby met hulle. Maar ’n gelowige se lewe het groot betekenis.

SPREUKE 12:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Goddeloses kom tot ’n val en dit is verby met hulle. Die nageslag van regverdiges bly voortbestaan.