YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

SPREUKE 12:27

SPREUKE 12:27 Bybel vir almal (ABA)

'n Lui mens kry niks, hy vang ook nie diere in die veld om te eet nie, 'n mens wat fluks werk, maak vir hom kosbare dinge bymekaar.

Deel
Lees SPREUKE 12

SPREUKE 12:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Hy wat traag is, jaag sy wild nie op nie, maar vlyt is 'n kosbare skat vir 'n mens.

Deel
Lees SPREUKE 12

SPREUKE 12:27 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die luiaard gaan vang nie eens wild om te braai nie; 'n hardwerkende mens versamel kosbare besittings.

Deel
Lees SPREUKE 12

SPREUKE 12:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

'n Trae persoon braai nie sy wild nie, maar vir 'n vlytige mens is besittings kosbaar.

Deel
Lees SPREUKE 12

SPREUKE 12:27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Die luiaard braai nie wat hy in die jag gevang het nie, maar die goed van 'n vlytige man is kosbaar.

Deel
Lees SPREUKE 12

SPREUKE 12:27 Die Boodskap (DB)

Slapheid bring jou nêrens nie. Jy word net armer. Harde werk is die moeite werd. Dit kan jou geld in die sak bring.

Deel
Lees SPREUKE 12

SPREUKE 12:27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die luiaard verroer nie ’n vinger om self kos te maak nie. ’n Hardwerkende mens gaan uit sy pad om kosbare besittings te versamel.

Deel
Lees SPREUKE 12
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's