FILIPPENSE 4:2-3
FILIPPENSE 4:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Euodia en Sintige, ek vra vir julle om saam te werk, want julle altwee behoort aan die Here. En jy wat altyd saam met my werk, ek vra ook vir jou om hierdie twee vroue te help. Hulle het altwee hard saam met my gewerk om vir ander mense die goeie boodskap te bring, soos Klemens en my ander helpers ook gedoen het. Hulle name is almal geskryf in die boek van die lewe.
FILIPPENSE 4:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek vermaan Euódia en ek vermaan Síntiché om eensgesind te wees in die Here. En ek vra jou ook, opregte metgesel, wees hierdie vroue behulpsaam wat met my saam gestry het in die evangelie, ook saam met Clemens en my ander mede-arbeiders wie se name in die boek van die lewe is.
FILIPPENSE 4:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek vermaan vir Euodia en ek vermaan vir Sintige om eensgesind te wees in die Here. Ja, ek vra jou ook, getroue medewerker, wees hierdie vroue behulpsaam. Hulle het saam met my die stryd gevoer in diens van die evangelie, net soos Klemens ook en my ander medewerkers, wie se name in die boek van die lewe staan.
FILIPPENSE 4:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek vermaan Euodia en ek vermaan Sintige om in die Here eensgesind te wees. Ja, ek vra jou ook, getroue medewerker, help hierdie vroue. Hulle het saam met my vir die saak van die evangelie gestry, ook saam met Klemens en my ander medewerkers wie se name in die boekrol van die lewe staan.
FILIPPENSE 4:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek smeek Euodias en Syntige dat hulle eensgesind moet wees in die Here. En ek smeek jou ook, ware jukgenoot, help daardie vroue wat saam met my gewerk het in die evangelie, ook met Klemens en met ander my medearbeiders wie se name in die boek van die lewe is.
FILIPPENSE 4:2-3 Die Boodskap (DB)
Euodia en Sintige, ek vra julle baie mooi: los julle geskille op. Julle behoort mos al twee aan die Here. En ek vra by name vir jou, getroue vriend wat so lekker met my saamwerk, om hierdie twee vroue te help. Hulle het baie saam met my gedoen en verduur om vir mense van die goeie boodskap te vertel. Hulle kan in een asem genoem word met Klemens en van die ander wat saam met my gewerk het. Hulle name staan opgeteken in die boek waarin almal se name opgeskryf is wat vir ewig saam met God sal lewe.
FILIPPENSE 4:2-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek moedig sowel Euodia as Sintige aan om hulle meningsverskille op te los omdat hulle aan die Here verbonde is. En ek vra ook dat jy, getroue kollega, hulle sal help. Hulle het hard gewerk saam met my en ook saam met Klemens en die ander medewerkers om die Goeie Nuus uit te dra. Hulle almal se name staan opgeskryf in die Boek van die Lewe.