FILIPPENSE 4:19-20
FILIPPENSE 4:19-20 Bybel vir almal (ABA)
My God sal vir julle alles gee wat julle nodig het, want Hy het baie wonderlike dinge wat Hy vir ons wil gee, dinge wat van Christus Jesus kom. Ons prys God, ons Vader, altyd en altyd! Amen.
FILIPPENSE 4:19-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus. Aan onse God en Vader die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.
FILIPPENSE 4:19-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus. Aan ons God en Vader behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.
FILIPPENSE 4:19-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En my God sal ruimskoots in al julle behoeftes voorsien, in ooreenstemming met sy heerlike rykdom in •Christus Jesus. Aan ons God en Vader kom die heerlikheid toe vir ewig en ewig! •Amen.
FILIPPENSE 4:19-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar my God sal in al julle behoeftes voorsien volgens sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus. Nou aan God en ons Vader kom die heerlikheid toe tot in alle ewigheid. Amen.
FILIPPENSE 4:19-20 Die Boodskap (DB)
Hy sal vir julle sorg deur vir julle te gee wat julle nodig het. Dit sal Hy doen omdat julle aan Jesus behoort. Al die eer en respek en belangrikheid in hierdie wêreld is God s’n, vir ewig en altyd. So is dit en so sal dit wees.