FILIPPENSE 4:1
FILIPPENSE 4:1 Bybel vir almal (ABA)
My vriende, ek is baie lief vir julle en ek verlang na julle. Julle maak my bly en ek is baie trots op julle. Ek wil hê julle moet aanhou glo in die Here.
FILIPPENSE 4:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DAAROM, my geliefde broeders, na wie ek ook verlang, my blydskap en kroon, staan so vas in die Here, geliefdes.
FILIPPENSE 4:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarom, my broers, moet julle vas staan en getrou bly aan die Here. Ek het julle baie lief en verlang na julle. Julle is my blydskap en my kroon.
FILIPPENSE 4:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom, my broers, julle vir wie ek lief is, en na wie ek verlang, my vreugde en my kroon – geliefdes, staan dan só vas in die Here.
FILIPPENSE 4:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom, my geliefde broeders en wat na my verlang, my vreugde en kroon, staan so vas in die Here, my dierbare geliefde.