FILIPPENSE 2:15
FILIPPENSE 2:15 Bybel vir almal (ABA)
Dan sal julle heeltemal reg lewe, julle sal niks verkeerd doen nie. Julle lewe nou tussen mense wat baie sleg is en wat sonde doen, maar julle moet God se kinders wees, julle moet reg lewe. Julle moet soos ligte wees wat in 'n donker wêreld skyn
FILIPPENSE 2:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van 'n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld
FILIPPENSE 2:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld
FILIPPENSE 2:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
sodat julle sonder blaam en onskuldig kan wees, kinders van God, smetteloos, te midde van 'n krom en ontaarde geslag. Julle skyn onder hulle soos sterre in die heelal
FILIPPENSE 2:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sodat julle onberispelik en onskadelik kan wees, kinders van God, sonder teregwysing, te midde van 'n krom en verdraaide nasie, onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld