FILIPPENSE 2:10-11
FILIPPENSE 2:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: “Jesus Christus is Here!” tot eer van God die Vader.
FILIPPENSE 2:10-11 Bybel vir almal (ABA)
Daarom sal almal vir Jesus aanbid, almal in die hemel en op die aarde en onder die aarde. Ja, al die mense sal sê hulle glo dat Jesus Christus die Here is, en so sal hulle vir God die Vader prys.
FILIPPENSE 2:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
FILIPPENSE 2:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: “Jesus Christus is Here!” tot eer van God die Vader.
FILIPPENSE 2:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
sodat in die Naam van Jesus elke knie sal buig – van diegene in die hemel en op die aarde en onder die aarde – en elke tong sal bely, “Jesus Christus is die Here!” tot eer van God die Vader.
FILIPPENSE 2:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sodat in die Naam van Jesus elke knie sou buig, van die dinge in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is; En dat elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is, tot eer van God die Vader.
FILIPPENSE 2:10-11 Die Boodskap (DB)
Net mooi almal sal voor die grote Christus moet buig, maak nie saak wie hulle is of waar hulle vandaan kom nie. Selfs dié wat lankal dood is, sal voor Jesus moet buig. Hulle almal sal met oortuiging vir mekaar sê: “Jesus Christus is die Here.” So sal almal ook besef hoe groot en belangrik God die Vader is.