FILIPPENSE 2:1-2
FILIPPENSE 2:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
AS daar dan enige troos in Christus is, as daar enige vertroosting van die liefde, as daar enige gemeenskap van die Gees, as daar enige innige tederheid en ontferming is, maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin.
FILIPPENSE 2:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing – maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe.
FILIPPENSE 2:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Julle behoort aan Christus en Hy maak julle geloof sterk. Julle is lief vir mekaar en julle help mekaar. Julle almal het die Heilige Gees in julle harte en daarom behoort julle aan mekaar. Julle is bekommerd oor mekaar en julle sorg vir mekaar. Daaroor is ek bly, maar julle moet my nog blyer maak: Julle moet dieselfde dinge dink, julle moet dieselfde liefde in julle harte hê, julle moet in julle harte dieselfde voel en dieselfde dinge wil doen.
FILIPPENSE 2:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
AS daar dan enige troos in Christus is, as daar enige vertroosting van die liefde, as daar enige gemeenskap van die Gees, as daar enige innige tederheid en ontferming is, maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin.
FILIPPENSE 2:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing – maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe.
FILIPPENSE 2:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom, as daar enige aansporing in •Christus is, as daar enige troos uit die liefde is, as daar enige gemeenskap van die Gees is, as daar enige innige meelewing en ontferming is, maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees – een in liefde, een van gees, een in denke
FILIPPENSE 2:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As daar dan enige vertroosting in Christus is, as enige vertroosting van liefde, as daar enige gemeenskap van die Gees, as daar enige innerlike en barmhartigheid is, Vervul my blydskap, dat julle eensgesind is, dieselfde liefde het, eensgesind, eensgesind.
FILIPPENSE 2:1-2 Die Boodskap (DB)
As julle Christenskap vir julle enigiets beteken; as julle liefde vir mekaar julle deur moeilike tye gedra het; as die teenwoordigheid van die Gees enige verskil in julle lewe gemaak het; as julle weet wat dit beteken om iets vir mekaar te voel, ja, om vir mekaar om te gee, wil ek julle ’n groot guns vra. Moenie gedurig met mekaar stry en baklei nie. Konsentreer liewer op die dinge waaroor julle saamstem. Wees lojaal teenoor mekaar. Voel saam, streef saam, doen saam. As julle dit doen, sal julle my regtig baie bly maak.
FILIPPENSE 2:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle is mos deur Christus bemoedig en deur sy liefde getroos! Julle het die gemeenskap beleef wat die Gees bewerk! Julle weet wat omgee en meelewing beteken! Maak my dan nou heeltemal bly deur eensgesind te wees – één in liefde, één in hart en één in doel.