NUMERI 8:2 – Vergelyk alle weergawes
NUMERI 8:2 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Praat met Aäron en sê vir hom: As jy die lampies van die kandelaar vassit, moet hulle al sewe na die voorkant toe lig gee.”
NUMERI 8:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Spreek met Aäron en sê vir hom: As jy die lampe opsteek, moet die sewe lampe aan die voorkant van die kandelaar lig gee.
NUMERI 8:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Sê vir Aäron hy moet sorg dat die sewe lampies aan die voorkant lig maak wanneer hy hulle aan die kandelaar vassit.”
NUMERI 8:2 DB (Die Boodskap)
“Sê vir Aäron hy moet die kandelaar so opstel dat die sewe lampe se lig almal vorentoe skyn.”
NUMERI 8:2 ABA (Bybel vir almal)
“Jy moet met Aäron praat en vir hom sê wanneer hy die lampe op die lampstaander sit, dan moet die sewe lampe vorentoe skyn.”
NUMERI 8:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Praat met Aäron en sê vir hom, ‘Wanneer jy die lampe op die menora sit, moet die sewe lampe na die voorkant van die menora lig gee.’ ”
NUMERI 8:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Spreek met Aäron en sê vir hom: As jy die lampe aansteek, moet die sewe lampe teenoor die kandelaar lig.