NUMERI 7:9
NUMERI 7:9 Bybel vir almal (ABA)
Moses het nie vir die Kehat-familie waens en beeste gegee nie, want hulle moes werk met die gewyde dinge, hulle moes dit op hulle skouers dra.
NUMERI 7:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar aan die seuns van Kehat het hy niks gegee nie; want die diens van die heiligdom het op hulle gerus: hulle moes dit op die skouers dra.
NUMERI 7:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moses het nie waens en osse aan die Kehatgroep gegee nie, want hulle moes die gewyde voorwerpe op hulle skouers dra.
NUMERI 7:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar vir die nageslag van Kehat het hy niks gegee nie, want die hantering van die heilige voorwerpe was hulle verantwoordelikheid. Hulle moes dit op hulle skouers dra.
NUMERI 7:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar aan die seuns van Kehat het hy niks gegee nie, want die diens van die heiligdom wat aan hulle behoort het, was dat hulle op hul skouers moes dra.