NUMERI 7

7
Die offers van die leiers
1Toe Moses die tabernakel klaar opgerig het, het hy dit met olie gesalf. Hy het dit toe saam met sy toerusting en sy altaar en sy gereedskap aan die Here gewy. 2Die leiers van Israel, die hoofde van die familiegroepe wat met die sensus gehelp het, het toe nadergekom. 3Hulle het hulle offers vir die Here gebring. Dit was ses waens met twaalf osse. Daar was ’n wa vir elke twee leiers en ’n os vir elkeen. Hulle het dit vir die Here by die tabernakel aangebied.
4Die Here het toe vir Moses gesê: 5“Aanvaar dit van hulle en gebruik dit vir die diens by die tabernakel. Verdeel die waens en osse onder die Leviete volgens die werk wat elkeen moet doen.” 6Moses het toe die waens en osse in ontvangs geneem en vir die Leviete gegee. 7Hy het twee waens en vier osse vir die Gersoniete gegee vir die werk wat hulle moes doen. 8Hy het vier waens en agt osse vir die Merariete gegee vir die werk wat hulle onder leiding van Itamar die seun van die priester Aäron moes doen. 9Hy het nie vir die Kehatiete enigiets gegee nie, want dit was hulle werk om die heilige dinge op hulle eie skouers te dra.
10Op die dag toe die altaar gewy is, het die leiers ook spesifieke geskenke vir die offeraltaar gegee. Hulle het nadergekom en dit by die altaar gaan neersit. 11Die Here het toe vir Moses gesê: “Laat elke leier sy geskenke vir die altaar op ’n bepaalde dag bring.”
12Op die eerste dag het Nagson sy geskenke gebring. Hy was die seun van Amminadab, die leier van die stam van Juda. 13Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee houers was vol meel met olie gemeng as graanoffer. 14Hy het ook ’n goue houer van 115 gram vol wierook gebring. 15Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers, 16ook ’n bokram as sonde-offer, 17twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was wat Nagson, die seun van Amminadab, gebring het.
18Op die tweede dag het Netanel, seun van Suar, leier van Issaskar, sy geskenke gebring. 19Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee was vol meel met olie gemeng as graanoffer. 20Hy het ook ’n goue houer gebring van 115 gram vol wierook. 21Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers, 22ook ’n bokram as sonde-offer, 23twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Netanel, seun van Suar, gebring het.
24Op die derde dag het Eliab sy geskenke gebring. Hy was die seun van Gelon, en die leier van Sebulon. 25Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee was vol meel met olie gemeng as graanoffer. 26Hy het ook ’n goue houer gebring van 115 gram vol wierook. 27Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers, 28’n bokram as sonde-offer, 29twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Eliab, die seun van Gelon, gebring het.
30Op die vierde dag het Elisur sy geskenke gebring. Hy was die seun van Sedeür en die leier van Ruben. 31Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee was vol meel met olie gemeng as graanoffer. 32Hy het ook ’n goue houer van 115 gram vol wierook gebring. 33Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers, 34’n bokram as sonde-offer, 35twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Elisur, die seun van Sedeür, gebring het.
36Op die vyfde dag het Selumiël sy geskenke gebring. Hy was die seun van Suri-Saddai en die leier van Simeon. 37Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee was vol meel met olie gemeng as graanoffer. 38Hy het ook ’n goue houer gebring van 115 gram vol wierook. 39Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers, 40’n bokram as sonde-offer, 41twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Selumiël, die seun van Suri-Saddai, gebring het.
42Op die sesde dag het Eljasaf sy geskenke gebring. Hy was die seun van Reüel en die leier van Gad. 43Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee was vol meel met olie gemeng as graanoffer. 44Hy het ook ’n goue houer gebring van 115 gram vol wierook. 45Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers, 46’n bokram as sonde-offer, 47twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Eljasaf, die seun van Reüel, gebring het.
48Op die sewende dag het Elisama sy geskenke gebring. Hy was die seun van Ammihud en die leier van Efraim. 49Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee was vol meel met olie gemeng as graanoffer. 50Hy het ook ’n goue houer gebring van 115 gram vol wierook. 51Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers, 52’n bokram as sonde-offer, 53twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Elisama, die seun van Ammihud, gebring het.
54Op die agtste dag het Gamliël sy geskenke gebring. Hy was die seun van Pedasur en die leier van Manasse. 55Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee was vol meel met olie gemeng as graanoffer. 56Hy het ook ’n goue houer gebring van 115 gram vol wierook. 57Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers, 58’n bokram as sonde-offer, 59twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Gamliël, die seun van Pedasur, gebring het.
60Op die negende dag het Abidan sy geskenke gebring. Hy was die seun van Gidoni en die leier van Benjamin. 61Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee was vol meel met olie gemeng as graanoffer. 62Hy het ook ’n goue houer van 115 gram vol wierook gebring. 63Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers, 64’n bokram as sonde-offer, 65twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Abidan, die seun van Gidoni, gebring het.
66Op die tiende dag het Agiëser sy geskenke gebring. Hy was die seun van Ammi-Saddai en die leier van Dan. 67Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee was vol meel met olie gemeng as graanoffer. 68Hy het ook ’n goue houer van 115 gram vol wierook gebring. 69Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers, 70’n bokram as sonde-offer, 71twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Agiëser, die seun van Ammi-Saddai, gebring het.
72Op die elfde dag het Pagiël sy geskenke gebring. Hy was die seun van Okran en die leier van Aser. 73Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee was vol meel met olie gemeng as graanoffer. 74Hy het ook ’n goue houer gebring van 115 gram vol wierook. 75Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers, 76’n bokram as sonde-offer, 77twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Pagiël, die seun van Okran, gebring het.
78Op die twaalfde dag het Agira sy geskenke gebring. Hy was die seun van Enan en die leier van Naftali. 79Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee was vol meel met olie gemeng as graanoffer. 80Hy het ook ’n goue houer gebring van 115 gram vol wierook. 81Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers, 82’n bokram as sonde-offer, 83twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Agira, die seun van Enan, gebring het.
84Dit was dan die geskenke wat die leiers van Israel spesifiek vir die altaar gebring het toe dit gesalf is: twaalf silwerborde, twaalf silwerbakke en twaalf houers vir die wierook. 85Die silwer voorwerpe het altesaam 28 kilogram geweeg, een en ’n half kilogram vir elke bord en 800 gram vir elke bak. 86Die houers vir die wierook het elkeen 115 gram geweeg, byna een en ’n half kilogram in totaal. 87Saam met die graanoffers was daar twaalf bulle, twaalf ramme en twaalf jaaroud lammers vir die brandoffer. Daar was ook twaalf ramme vir die sonde-offer. 88Vir die maaltydoffer was daar altesaam 24 bulle, 60 ramme, 60 bokke en 60 jaaroud rammetjies. Dit was die offers wat gebring is toe die altaar gesalf is.
Die kandelaar
89Wanneer Moses in die tabernakel ingegaan het om met God te praat, het hy God se stem van tussen die twee engelfigure op die versoendeksel van die ark van getuienis hoor praat.

Tans Gekies:

NUMERI 7: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid