NUMERI 7:31
NUMERI 7:12-83 Bybel vir almal (ABA)
Elke leier het sy presente op een van die twaalf dae gebring. Die leiers was: Nagson seun van Amminadab van die stam Juda, Netanel seun van Suar, leier van die stam Issaskar, Eliab seun van Gelon, leier van die stam Sebulon, Elisur seun van Sedeür, leier van die stam Ruben, Selumiël seun van Suri-Saddai, leier van die stam Simeon, Eljasaf seun van Reüel, leier van die stam Gad, Elisama seun van Ammihud, leier van die stam Efraim, Gamliël seun van Pedasur, leier van die stam Manasse, Abidan seun van Gidoni, leier van die stam Benjamin, Agiëser seun van Ammi-Saddai, leier van die stam Dan, Pagiël seun van Okran, leier van die stam Aser, en Agira seun van Enan, leier van die stam Naftali. Die presente wat elke leier gebring het, was: 'n silwer skottel wat 130 sikkels geweeg het, 'n silwer bak wat 70 sikkels geweeg het, dit was tempel-sikkels, die skottel en die bak was altwee vol van die beste meel, hulle het dit met olyf-olie gemeng, dit was 'n koring-offer, 'n goue bakkie wat tien sikkels geweeg het en vol wierook was, 'n bul, 'n skaap-ram en 'n lam wat een jaar oud was, dit was die brand-offer, 'n bok-ram, dit was die sonde-offer, en twee beeste, vyf skaap-ramme, vyf bok-ramme en vyf lammers wat een jaar oud was, dit was die ete-offer. Dit was die presente van elke leier.
NUMERI 7:31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer
NUMERI 7:12-83 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op die eerste dag het Nagson, seun van Amminadab uit die stam Juda, sy offergawe gebring; op die tweede dag Netanel, seun van Suar leier van Issaskar; op die derde dag Eliab, seun van Gelon leier van Sebulon; op die vierde dag Elisur, seun van Sedeür leier van Ruben; op die vyfde dag Selumiël, seun van Suri-Saddai leier van Simeon; op die sesde dag Eljasaf, seun van Reüel leier van Gad; op die sewende dag Elisama, seun van Ammihud leier van Efraim; op die agste dag Gamliël, seun van Pedasur leier van Manasse; op die negende dag Abidan, seun van Gidoni leier van Benjamin; op die tiende dag Agiëser, seun van Ammi-Saddai leier van Dan; op die elfde dag Pagiël, seun van Okran leier van Aser, en op die twaalfde dag Agira, seun van Enan leier van Naftali. Elke leier het die volgende offergawes gebring: een silwerskottel met 'n gewig van een en 'n half kilogram, een silwerkom van ag honderd gram, albei volgens die standaardgewig van die heiligdom en vol meel met olie gemeng as graanoffer; een goue pannetjie van honderd en vyftien gram, vol wierook; een jong bul, een ram en een jaaroud lam as brandoffers; een bokram as sondeoffer; en twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as maaltydoffers.
NUMERI 7:12-83 Die Boodskap (DB)
Op die eerste dag het Amminadab se seun Nagson, uit die stam Juda, sy offer gebring; op die tweede dag Suar, die leier van Issaskar se seun Netanel; op die derde dag Gelon, die leier van Sebulon se seun Eliab; op die vierde dag Sedeür, die leier van Ruben se seun Elisur; op die vyfde dag Suri-Saddai, die leier van Simeon se seun Selumiël; op die sesde dag Reüel, die leier van Gad se seun Eljasaf; op die sewende dag Ammihud, die leier van Efraim se seun Elisama; op die agste dag Pedasur, die leier van Manasse se seun Gamliël; op die negende dag Gidoni, die leier van Benjamin se seun Abidan; op die tiende dag Ammi-Saddai, die leier van Dan se seun Agiëser; op die elfde dag Okran, die leier van Aser se seun Pagiël, en op die twaalfde dag Enan, die leier van Naftali se seun Agira. Elke leier het presies dieselfde offers gebring: een silwerskottel wat een en ’n half kilogram geweeg het, een silwerbak van 800 gram, albei volgens die standaardgewig van die heiligdom waar God gedien word en vol meel met olie gemeng as graanoffer; een goue wierookpannetjie van 115 gram, vol wierook; een jong bul, een ram en een jaaroud lam as brandoffers; een bokram as sondeoffer; en twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as eteoffers.