NUMERI 6:18
NUMERI 6:18 Bybel vir almal (ABA)
Die nasireër skeer dan sy lang hare af by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn en hy neem die lang hare en sit dit op die vuur waar hulle die ete-offer gaarmaak.
NUMERI 6:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dan moet die nasireër by die ingang van die tent van samekoms sy gewyde hoof skeer en die hare van sy gewyde hoof neem en dit op die vuur gooi wat onder die dankoffer is.
NUMERI 6:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
By die ingang van die tent van ontmoeting moet die nasireër sy hare, die teken van sy wyding, afskeer en dit vat en in die vuur saam met die maaltydoffer verbrand.
NUMERI 6:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die nasireër moet dan by die ingang van die Tent van Ontmoeting sy gewyde hare afskeer. Hy moet die gewyde hare van sy kop neem en dit in die vuur onder die maaltydoffer gooi.
NUMERI 6:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die Nasireër moet die hoof van sy skeiding skeer by die ingang van die tent van samekoms en die hare van die hoof van sy skeiding neem en dit in die vuur gooi wat onder die dankoffer is.