NUMERI 6:13
NUMERI 6:13 Bybel vir almal (ABA)
“Die nasireër het homself 'n tyd lank aan die Here gewy, en hy moet gewyd bly totdat daardie tyd verby is. Hierdie is die wet vir die nasireër: Iemand bring hom na die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn
NUMERI 6:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dit is die wet van die nasireër: Op die dag as die dae van sy nasireërskap om is, moet hulle hom na die ingang van die tent van samekoms bring
NUMERI 6:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Die voorskrif vir die nasireër wanneer die tyd van sy wyding verby is, is soos volg: Hy moet na die ingang van die tent van ontmoeting toe gaan
NUMERI 6:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘ Dit is die voorskrifte vir die nasireër: Op die dag wanneer die tydperk van sy toewyding verby is, moet hy na die ingang van die Tent van Ontmoeting gebring word.
NUMERI 6:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit is die wet van die Nasireër wanneer die dae van sy nasireërskap vervul is: hy moet na die ingang van die tent van samekoms gebring word.