NUMERI 5:6-7
NUMERI 5:6-7 Bybel vir almal (ABA)
“Jy moet vir die Israeliete sê: Wanneer 'n persoon, 'n man of 'n vrou, iets verkeerd doen aan 'n ander mens, dan is hy ontrou aan die Here en dan is daardie persoon skuldig. Hy moet sy sonde bely wat hy gedoen het en hy moet boete betaal omdat hy verkeerd gedoen het. Hy moet dit gee vir die persoon aan wie hy die verkeerde ding gedoen het en hy moet een vyfde meer bysit.
NUMERI 5:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Spreek met die kinders van Israel: As 'n man of vrou enige menslike sonde doen, sodat ontrou teen die HERE gehandel word, en dié siel skuldig word, dan moet hulle hul sonde wat hulle gedoen het, bely; daarna moet hy wat hy skuldig is, ten volle teruggee en die vyfde deel daarvan byvoeg, en hy moet dit aan dié een gee teen wie hy hom skuldig gemaak het.
NUMERI 5:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
om vir die Israeliete te sê: “Wanneer iemand, man of vrou, 'n medemens benadeel en dus ontrou teenoor die Here is, is hy skuldig en moet hy sy sonde bely. Hy moet die volle bedrag van die skade plus 'n vyfde daarvan teruggee aan die persoon wat hy benadeel het.
NUMERI 5:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Sê vir die Israeliete, ‘Wanneer 'n man of 'n vrou enige sonde begaan wat 'n mens kan doen, sodat daar ontrou teenoor die HERE gepleeg word, is daardie persoon skuldig. Hulle moet hulle sonde wat hulle gedoen het, bely. Die persoon moet ten volle vergoeding gee vir wat hy verkeerd gedoen het en 'n vyfde daarvan byvoeg. Hy moet dit gee aan wie hy ook al benadeel het.
NUMERI 5:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Spreek met die kinders van Israel: As 'n man of vrou enige sonde doen wat 'n mens doen, om 'n oortreding teen die HERE te doen, en daardie persoon skuldig is; Dan moet hulle hul sonde bely wat hulle gedoen het; en hy moet sy oortreding vergelde met die hoof daarvan, en die vyfde deel daarvan byvoeg en dit gee aan hom teen wie hy oortree het.
NUMERI 5:6-7 Die Boodskap (DB)
“Wanneer ’n man of ’n vrou enige sonde doen waarmee hulle ontrou aan die Here is, moet die skuldige persoon sy skuld bely. Verder moet die volle bedrag vir die skade wat die onskuldige gely het, plus ’n verdere twintig persent as skadevergoeding aan daardie persoon terugbetaal word.
NUMERI 5:6-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Sê vir die Israeliete: Enige man of vrou wat ’n ander persoon verontreg, is ontrou aan die HERE en is skuldig. Hulle moet hulle oortreding bely. Hulle moet die persoon vergoed vir wat hulle aan hom gedoen het en twintig persent bysit wanneer hulle hom vergoed.