NUMERI 4:6
NUMERI 4:6 Bybel vir almal (ABA)
Dan moet hulle 'n seil van sagte vel bo-oor die kis sit, en daarna 'n lap van blou wol-materiaal. Daarna moet hulle die dra-houte in die ringe van die kis sit.
NUMERI 4:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle moet 'n dekkleed van robbevelle daarop sit en 'n doek, heeltemal van pers stof, daar bo-oor uitsprei en sy draaghoute insteek.
NUMERI 4:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle moet 'n seil van gebreide vel daaroor gooi, en dit met 'n groot blou doek toemaak. Dan moet hulle die draaghoute weer insteek.
NUMERI 4:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle moet 'n sagte leerbedekking daaroor sit en 'n doek wat heeltemal pers is, daaroor gooi. Dan moet hulle die draaghoute insteek.
NUMERI 4:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En jy moet die dekkleed van dasvelle daarop sit en 'n doek heeltemal van pers stof daaroor uitsprei en sy draaghoute insit.