NUMERI 4:25
NUMERI 4:25 Die Boodskap (DB)
Dit sluit in die gordyne van die tabernakel, asook die tabernakel self met die binneseil en buiteseil van gebreide vel. Hulle moet ook die gordyne by die ingang van die tent waar Ek aanbid word, dra
NUMERI 4:25 Bybel vir almal (ABA)
Hulle moet die stukke materiaal van die tempel-tent dra, die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn, en die seil en die vel-seil wat daaroor is, en die gordyn by die ingang van die tent
NUMERI 4:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
hulle moet die tentdoeke van die tabernakel dra, ook die tent van samekoms, sy dekkleed en die dekkleed van robbevelle wat daar bo-oor is, en die bedekking vir die ingang van die tent van samekoms
NUMERI 4:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
hulle moet die tentdoeke van die tabernakel, die tent van ontmoeting, dra, sy seil en die seil van gebreide vel wat daarbo-oor is, die gordyn by die ingang van die tent van ontmoeting
NUMERI 4:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle moet die tabernakel se tentdoeke en die Tent van Ontmoeting dra, die dekkleed en die dekkleed van sagte leer wat bo-oor kom, die gordyn by die ingang van die •Tent van Ontmoeting