NUMERI 4:20
NUMERI 4:18-20 Bybel vir almal (ABA)
“Aäron en sy seuns moet kom en hulle moet vir elkeen van die Kehat-familie sê wat hy moet doen en wat hy moet dra. Die mense van die Kehat-familie moenie kyk na die hoog-gewyde dinge nie, hulle moet glad nie kyk nie. Want as een van hulle dit doen, dan sal hy sterf, en julle moenie dat die Kehat-familie sterf en ophou lewe tussen die Leviete nie. Julle moet dit vir hulle sê sodat hulle kan aanhou lewe.”
NUMERI 4:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar hulle moet nie inkom om vir 'n oomblik die heiligdom te sien nie, sodat hulle nie sterwe nie.
NUMERI 4:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Kehatiete mag selfs nie 'n oomblik na die heiligdom kom kyk nie, want dan sal hulle sterwe.”
NUMERI 4:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle mag egter nie daar ingaan om, terwyl dit toegegooi word, na die heilige voorwerpe te kyk nie, anders sterf hulle.”
NUMERI 4:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar hulle mag nie ingaan om te sien wanneer die heilige dinge bedek is nie, sodat hulle nie sterwe nie.