NUMERI 4:19 – Vergelyk alle weergawes
NUMERI 4:19 AFR83 (Afrikaans 1983)
Wanneer hulle kom om die gewyde voorwerpe te dra, moet Aäron en sy seuns vir hulle presies aandui wat elkeen van hulle moet doen en dra, sodat hulle kan bly lewe en nie met die dood gestraf word nie.
NUMERI 4:19 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar doen vir hulle dit, sodat hulle lewe en nie sterwe nie as hulle na die hoogheilige dinge aankom: Aäron en sy seuns moet ingaan en hulle aanstel elkeen oor sy dienswerk en oor wat hy moet dra.
NUMERI 4:19 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Julle moet sorg dat hulle nie sterf nie, maar bly lewe wanneer hulle die heel heiligste goed kom haal: Aäron en sy seuns moet saam met hulle kom en vir elkeen afsonderlik wys wat hy moet dra.
NUMERI 4:19 DB (Die Boodskap)
Wanneer hulle kom om hierdie voorwerpe te dra, moet Aäron en sy seuns mooi vir hulle verduidelik wat om te doen sodat hulle nie dalk aan daardie voorwerpe raak nie.
NUMERI 4:18-20 ABA (Bybel vir almal)
“Aäron en sy seuns moet kom en hulle moet vir elkeen van die Kehat-familie sê wat hy moet doen en wat hy moet dra. Die mense van die Kehat-familie moenie kyk na die hoog-gewyde dinge nie, hulle moet glad nie kyk nie. Want as een van hulle dit doen, dan sal hy sterf, en julle moenie dat die Kehat-familie sterf en ophou lewe tussen die Leviete nie. Julle moet dit vir hulle sê sodat hulle kan aanhou lewe.”
NUMERI 4:19 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit is wat julle vir hulle moet doen, sodat hulle kan leef en nie sterf wanneer hulle die besonder heilige voorwerpe nader nie: Aäron en sy seuns moet in die tabernakel ingaan en hulle aanstel, elkeen oor sy taak en by sy drawerk.
NUMERI 4:19 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar doen so met hulle, dat hulle kan lewe en nie sterwe as hulle tot die hoogheilige dinge nader nie: Aäron en sy seuns moet ingaan en hulle elkeen aanstel vir sy diens en vir sy las.