NUMERI 35:6
NUMERI 35:6 Bybel vir almal (ABA)
Ses van die stede wat julle vir die Leviete gee, moet asielstede wees. Iemand kan daarnatoe vlug wanneer hy iemand anders doodgemaak het. Saam met hierdie stede moet julle nog 42 ander stede vir hulle gee.
NUMERI 35:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die stede wat julle aan die Leviete gee, moet die ses vrystede wees wat julle moet gee, dat die een wat 'n doodslag begaan het, daarheen kan vlug; en daarby moet julle twee-en-veertig stede gee.
NUMERI 35:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Ses van die stede wat julle vir die Leviete gee, moet asielstede wees waarheen iemand wat 'n ander se dood veroorsaak het, kan vlug. Afgesien hiervan moet julle vir die Leviete nog twee en veertig stede gee.