NUMERI 35:32
NUMERI 35:32 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet ook nie geld neem omdat 'n persoon wat na 'n asielstad gevlug het, wil hê jy moet sê hy mag teruggaan om op sy grond te woon nie. Hy moet in die asielstad bly totdat die hoëpriester gesterf het.
NUMERI 35:32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ook mag julle geen geld aanneem om iemand vry te stel van die vlug na sy vrystad — sodat hy kan teruggaan om in die land te woon — tot op die dood van die hoëpriester nie.
NUMERI 35:32 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle mag ook nie loskoopgeld aanneem vir iemand wat na sy asielstad toe gevlug het en voor die dood van die hoëpriester na sy grond toe teruggekeer het nie.
NUMERI 35:32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle mag nie van iemand vrykoopgeld aanvaar in ruil vir die vlug na sy asielstad, met die doel dat hy kan terugkeer om in die land te woon voor die dood van die priester nie.
NUMERI 35:32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En julle mag geen versadiging neem vir hom wat na sy vrystad gevlug het om terug te kom om in die land te woon tot die dood van die priester nie.