NUMERI 33:52 - Compare All Versions

NUMERI 33:52 ABA (Bybel vir almal)

dan moet julle al die mense wegjaag wat in die land woon. Julle moet hulle beelde stukkend slaan, die klip-beelde en die metaal-beelde, en julle moet hulle offer-plekke verwoes.

NUMERI 33:52 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

moet julle al die bewoners van die land voor julle uit verdrywe en hulle beeldhouwerk verniel; ook moet julle al hulle gegote beelde verniel en al hulle hoogtes verwoes.

NUMERI 33:52 AFR83 (Afrikaans 1983)

moet julle al die inwoners van dié land verdrywe. Vernietig al die afgodsbeelde wat hulle vir hulle uitgesny en gegiet het, en verwoes al hulle hoogtes.

NUMERI 33:52 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

moet julle al die inwoners van die land voor julle uit verdryf en al hulle afbeeldings vernietig. Al die namaaksels van hulle gegote beelde moet julle vernietig, en al hulle offerhoogtes moet julle verwoes.

NUMERI 33:52 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Dan moet julle al die inwoners van die land voor julle uit verdrywe en al hulle beelde vernietig en al hulle gegote beelde vernietig en al hulle hoogtes heeltemal afruk.

NUMERI 33:52 DB (Die Boodskap)

moet julle al die inwoners van die land wegjaag. Julle moet al hulle uitgesnyde en gegote afgode vernietig en hulle offerplekke verwoes.

NUMERI 33:52 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Julle moet almal wat daar woon uit die land verdryf. Vernietig al die afgodsbeelde wat hulle vir hulle uitgekerf en gegiet het. Verwoes al hulle offerhoogtes.