NUMERI 33:4
NUMERI 33:4 Bybel vir almal (ABA)
Die Egiptenaars was toe besig om hulle oudste seuns te begrawe. Die Here het die oudste seuns laat sterf, en Hy het hulle gode gestraf.
NUMERI 33:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
terwyl die Egiptenaars besig was om dié te begrawe wat die HERE onder hulle verslaan het, al die eersgeborenes; ook het die HERE aan hulle gode strafgerigte voltrek.
NUMERI 33:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
terwyl die Egiptenaars nog besig was om hulle eersgeborenes, wat deur die Here om die lewe gebring is, te begrawe. Dit is hoe die Here die oordeel oor hulle gode voltrek het.
NUMERI 33:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Egiptenare was besig om al die eersgeborenes onder hulle wat deur die HERE getref is, te begrawe. Die HERE het ook oor hulle gode oordele voltrek.
NUMERI 33:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die Egiptenaars het al hulle eersgeborenes begrawe wat die HERE onder hulle verslaan het; ook het die HERE strafgerigte aan hulle gode voltrek.
NUMERI 33:3-4 Die Boodskap (DB)
Die Israeliete het die oggend na die heel eerste paasfees vroeg in die lente van die stad Rameses in Egipte af weggetrek. Die Egiptenaars was nog besig om hulle kinders te begrawe wat in die groot wonderwerk wat die Here daar gedoen het, dood is. Hulle kon niks anders doen nie as om maar net te kyk hoe die Israeliete wegtrek. Die Here het hulle laat wegtrek, want met die laaste wonder het Hy finaal al die gode van Egipte op hulle plek gesit.