NUMERI 33:3
NUMERI 33:3 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het op die vyftiende dag van die eerste maand van Raämses verder gegaan. Dit was die oggend ná die Paasfees. Die Here het hulle gelei, en al die Egiptenaars het gestaan en kyk toe hulle weggaan.
NUMERI 33:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hulle het van Raämses af opgebreek in die eerste maand, op die vyftiende dag van die eerste maand; op die dag ná die pasga het die kinders van Israel deur 'n hoë hand voor die oë van al die Egiptenaars uitgetrek
NUMERI 33:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het uit Rameses vertrek op die vyftiende van die eerste maand, die dag ná die paasfees. Deur die magtige dade van die Here het hulle voor die oë van die Egiptenaars weggetrek
NUMERI 33:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het van Ramses af weggetrek in die eerste maand – op die vyftiende dag van die eerste maand. Die dag ná die Pasga het die Israeliete voor die oë van al die Egiptenare weggetrek met opgehefde hand.
NUMERI 33:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het van Raämses af vertrek in die eerste maand, op die vyftiende dag van die eerste maand; die volgende dag ná die pasga het die kinders van Israel met 'n hoë hand uitgetrek voor die oë van al die Egiptenaars.
NUMERI 33:3-4 Die Boodskap (DB)
Die Israeliete het die oggend na die heel eerste paasfees vroeg in die lente van die stad Rameses in Egipte af weggetrek. Die Egiptenaars was nog besig om hulle kinders te begrawe wat in die groot wonderwerk wat die Here daar gedoen het, dood is. Hulle kon niks anders doen nie as om maar net te kyk hoe die Israeliete wegtrek. Die Here het hulle laat wegtrek, want met die laaste wonder het Hy finaal al die gode van Egipte op hulle plek gesit.