NUMERI 29:40 - Compare All Versions

NUMERI 29:40 AFR83 (Afrikaans 1983)

Dit alles het Moses vir die Israeliete gesê soos die Here hom dit beveel het.

NUMERI 29:40 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En Moses het aan die kinders van Israel alles gesê net soos die HERE Moses beveel het.

NUMERI 29:40 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Moses het al hierdie voorskrifte vir die Israeliete gegee, soos die HERE hom beveel het.

NUMERI 29:40 DB (Die Boodskap)

Moses het dit alles vir die Israeliete gesê net soos die Here dit aan hom oorgedra het.

NUMERI 29:40 ABA (Bybel vir almal)

Moses het vir die Israeliete alles gesê wat die Here vir hom gesê het.

NUMERI 29:40 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Moses het vir die Israeliete gesê net soos die HERE beveel het.

NUMERI 29:40 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En Moses het die kinders van Israel vertel net soos die HERE Moses beveel het.