Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

NUMERI 28:7 – Vergelyk alle weergawes

NUMERI 28:7 AFR83 (Afrikaans 1983)

Wanneer julle die eerste lam offer, moet julle 'n liter wyn as drankoffer vir die Here by die heiligdom uitgiet.

NUMERI 28:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En die drankoffer wat daarby behoort, moet wees 'n kwart-hin vir elke lam. In die heiligdom moet jy die drankoffer van sterk drank aan die HERE uitgiet.

NUMERI 28:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Saam met die lam moet julle ’n drankoffer van een liter wyn bring. Julle moet dit by die heiligdom uitgiet as ’n offer vir die HERE.

NUMERI 28:7 DB (Die Boodskap)

Die drankoffer wat by hierdie offer hoort, is ’n liter wyn wat oor die altaar uitgegooi word.

NUMERI 28:7 ABA (Bybel vir almal)

Saam met die brand-offer moet julle ook 'n drank-offer gee. Die drank-offer is 'n kwart hin wyn wat julle vir die Here by die tempel moet uitgooi op die altaar.

NUMERI 28:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die bypassende •drankoffer is 'n kwart hin saam met die eerste ramlam. In die heiligdom moet jy die drankoffer van sterk drank vir die HERE uitgiet.

NUMERI 28:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En sy drankoffer moet 'n vierde deel van 'n hin vir die een lam wees; in die heiligdom moet jy die sterk wyn vir die HERE as drankoffer laat uitgooi.