NUMERI 28:3 – Vergelyk alle weergawes
NUMERI 28:3 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Sê vir hulle: Julle moet die volgende vuuroffer vir die Here bring: twee jaaroud lammers sonder liggaamsgebrek as gereelde brandoffers vir elke dag.
NUMERI 28:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En jy moet vir hulle sê: Dit is die vuuroffer wat julle aan die HERE moet bring: twee jaaroud lammers sonder gebrek elke dag as 'n voortdurende brandoffer.
NUMERI 28:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Sê vir hulle: Julle moet gereeld, dag vir dag, vir die HERE twee gesonde jaaroud lammers as vuuroffer bring.
NUMERI 28:3 DB (Die Boodskap)
“Hierdie is dan die vuuroffers wat hulle vir die Here moet bring: Daar is ’n brandoffer wat elke dag vir die Here gebring moet word. Hierdie offer bestaan uit twee jong rammetjies van ’n jaar oud. Hulle mag nie iewers ’n liggaamsgebrek hê nie.
NUMERI 28:3 ABA (Bybel vir almal)
“Jy moet vir hulle sê hulle moet elke dag vir My hierdie vuur-offer bring: twee gesonde jaaroud ram-lammers. Dit is 'n brand-offer wat hulle elke dag moet bring.
NUMERI 28:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sê vir hulle, ‘Dit is die offergawe wat julle vir die HERE moet aanbied: twee jaaroud ramlammers sonder gebrek, daagliks as 'n gereelde •brandoffer.
NUMERI 28:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En jy moet vir hulle sê: Dit is die vuuroffer wat julle aan die HERE moet bring; twee jaaroud lammers dag vir dag sonder vlek as 'n voortdurende brandoffer.