NUMERI 21:8-9
NUMERI 21:8-9 Bybel vir almal (ABA)
en die Here het vir hom gesê: “Jy moet 'n slang maak wat vlerke het en jy moet die slang vasmaak aan 'n vlagpaal. As 'n slang iemand gepik het, dan moet daardie persoon na die slang op die paal kyk, en dan sal die persoon nie sterf nie.” Moses het 'n slang van brons gemaak en hy het die slang vasgemaak aan 'n vlagpaal. Wanneer 'n slang iemand gepik het, en die persoon kyk na die slang van brons, dan het hy nie gesterf nie.
NUMERI 21:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop sê die HERE aan Moses: Maak vir jou 'n giftige slang en sit dit op 'n paal; dan sal elkeen wat gebyt is en daarna kyk, lewe. Toe het Moses 'n koperslang gemaak en dit op 'n paal gesit: en as 'n slang iemand gebyt het en hy kyk na die koperslang, het hy in die lewe gebly.
NUMERI 21:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
en die Here het vir Moses gesê: “Maak 'n beeld van 'n giftige slang en sit dit op 'n paal. Elkeen wat gepik is en daarna opkyk, sal lewe.” Moses het toe 'n koperslang gemaak en dit op 'n paal gesit. As iemand wat deur 'n slang gepik is, na die koperslang opkyk, het hy bly leef.
NUMERI 21:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het vir Moses gesê: “Maak vir jou 'n slang en sit dit op 'n paal, dan sal elkeen wat gepik is en daarna kyk, bly leef.” Moses het toe 'n koperslang gemaak en dit op 'n paal gesit. Wanneer 'n slang iemand pik, en hy kyk na die koperslang, het hy bly leef.
NUMERI 21:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die HERE vir Moses: Maak vir jou 'n vurige slang en sit dit op 'n paal; en elkeen wat gebyt word, sal lewe as hy daarna kyk. En Moses het 'n koperslang gemaak en dit op 'n paal gesit, en as 'n slang iemand gebyt het, het hy gelewe toe hy die koperslang sien.
NUMERI 21:8-9 Die Boodskap (DB)
Hierop het die Here vir hom gesê: “Maak ’n afbeelding uit koper van so ’n giftige slang en sit dit bo-op ’n paal en laat die paal regop staan. As iemand deur ’n slang gepik word en opkyk na daardie koperslang, sal hy bly leef.” Moses het toe ’n koperslang gemaak en dit op ’n paal gesit. Elkeen wat deur ’n slang gepik is en opgekyk het na die koperslang, het bly leef.
NUMERI 21:8-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het vir Moses gesê: “Maak vir jou ’n afbeelding van ’n giftige slang en sit dit bo-op ’n paal. Elkeen wat gepik is en daarna kyk, sal bly leef.” Moses het toe ’n slang van brons gemaak en dit bo-op ’n paal gesit. As ’n slang iemand gepik het, het hy na die bronsslang gekyk en hy het bly leef.