NUMERI 20:3-4
NUMERI 20:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Die volk het vir Moses beskuldig. Hulle het gesê: “Ons wens ons het ook gesterf toe die Here ons familie laat sterf het. Hoekom het julle die volk van die Here na hierdie woestyn gebring sodat ons en ons diere hier moet sterf?
NUMERI 20:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die volk het met Moses getwis, en hulle het gespreek en gesê: Ag, het ons tog maar gesterwe toe ons broers voor die aangesig van die HERE gesterf het! En waarom het julle die vergadering van die HERE in hierdie woestyn gebring, dat ons en ons vee daar sou sterwe?
NUMERI 20:2-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Omdat die volk geen drinkwater gehad het nie, het hulle saam teen Moses en Aäron rusie gemaak en gesê: “As ons maar liewer ook omgekom het toe ons volksgenote deur die Here om die lewe gebring is! Waarom het julle die volk van die Here na hierdie woestyn toe gebring, dat ons en ons vee hier moet sterwe?
NUMERI 20:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die volk het Moses verwyt; hulle het gesê: “Ag, as ons maar omgekom het toe ons volksgenote voor die HERE omgekom het! Waarom het julle die geloofsgemeenskap van die HERE na hierdie woestyn gebring? Was dit sodat ons en ons vee hier moet sterf?
NUMERI 20:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die volk het saam met Moses stry en gespreek en gesê: Mag ons tog maar gesterwe het toe ons broers voor die aangesig van die HERE gesterf het! En waarom het julle die vergadering van die HERE in hierdie woestyn gebring, dat ons en ons vee daar sou vrek?