NUMERI 2:34 - Compare All Versions

NUMERI 2:34 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die Israeliete het presies gedoen soos die Here vir Moses beveel het. Hulle het kamp opgeslaan, elkeen by sy eie vaandel, en elke keer weer weggetrek, elke stam ingedeel volgens sy familiegroepe.

NUMERI 2:34 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En die kinders van Israel het gedoen net soos die HERE Moses beveel het; so het hulle laer opgeslaan volgens hulle vaandels, en so het hulle opgebreek elkeen volgens sy geslagte, by sy families.

NUMERI 2:34 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die Israeliete het gemaak presies soos die HERE vir Moses gesê het. Elke stam het volgens sy familie en onder sy eie vaandel kamp opgeslaan en weer getrek.

NUMERI 2:34 DB (Die Boodskap)

Die Israeliete het presies gedoen wat die Here vir Moses gesê het. Hulle het elkeen by hulle eie vlag kamp opgeslaan en dit saamgedra as hulle weer weggetrek het. Elke stam was ook ingedeel volgens hulle familiegroepe.

NUMERI 2:34 ABA (Bybel vir almal)

Die Israeliete het alles gedoen wat die Here vir Moses gesê het. Hulle het hulle tente opgeslaan by hulle vlae, en die families en huisgesinne van elke stam het elkeen gegaan wanneer dit sy beurt is.

NUMERI 2:34 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die Israeliete het presies gedoen wat die HERE Moses beveel het. So het hulle kamp opgeslaan volgens hulle eenhede, en so het hulle kamp opgebreek; almal volgens hulle familiegroepe, langs hulle families.

NUMERI 2:34 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En die kinders van Israel het gedoen net soos die HERE Moses beveel het: so het hulle laer opgeslaan volgens hulle vaandels en so het hulle weggetrek, elkeen volgens hulle geslagte, volgens die huis van hulle vaders.