NUMERI 2:25
NUMERI 2:25-31 Bybel vir almal (ABA)
“Die vlag van die Dan-kamp moet noord van die tempel-tent staan. Die stamme wat hulle tente daar in groepe moet opslaan, is: “Dan wat 62 700 manne het, hulle leier is Agiëser seun van Ammi-Saddai, Aser wat 41 500 manne het, hulle leier is Pagiël seun van Okran, Naftali wat 53 400 manne het, hulle leier is Agira seun van Enan. “In die Dan-kamp is hulle almal saam 157 600 manne en hulle moet laaste gaan.”
NUMERI 2:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die vaandel van die laer van Dan moet aan die noordekant wees volgens hulle leërafdelings: en Ahiëser, die seun van Ammísaddai, moet owerste oor die seuns van Dan wees.
NUMERI 2:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Aan die noordekant moet die stam Dan kamp opslaan. Hy moet dit doen by sy vaandel en ingedeel in leërafdelings. Agiëser seun van Ammi-Saddai is die leier van hierdie stam.
NUMERI 2:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Die eenheid van Dan se kamp is, volgens hulle leërafdelings, aan die noordekant met Agiëser, seun van Ammi-Saddai, as leier van die nageslag van Dan
NUMERI 2:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die vaandel van die laer van Dan moet aan die noordekant wees volgens hulle leërs; en Ahiëser, die seun van Ammisaddai, moet owerste oor die kinders van Dan wees.