NUMERI 2:22
NUMERI 2:18-24 Bybel vir almal (ABA)
“Die vlag van die Efraim-kamp moet wes van die tempel-tent staan. Die stamme wat hulle tente daar in groepe moet opslaan, is: “Efraim wat 40 500 manne het, hulle leier is Elisama seun van Ammihud, Manasse wat 32 200 manne het, hulle leier is Gamliël seun van Pedasur, Benjamin wat 35 400 manne het, hulle leier is Abidan seun van Gidoni. “In die Efraim-kamp is hulle almal saam 108 100 manne en hulle moet derde gaan.
NUMERI 2:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verder die stam van Benjamin; en Abídan, die seun van Gideóni, moet owerste oor die seuns van Benjamin wees.
NUMERI 2:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna volg die stam Benjamin met Abidan seun van Gidoni as leier.
NUMERI 2:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarna die stam van Benjamin. Die leier van die nageslag van Benjamin is Abidan, seun van Gidoni
NUMERI 2:22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dan die stam van Benjamin; en Abídan, die seun van Gideoni, moet owerste oor die seuns van Benjamin wees.