NUMERI 2:16
NUMERI 2:10-16 Bybel vir almal (ABA)
“Die vlag van die Ruben-kamp moet suid van die tempel-tent staan. Die stamme wat hulle tente daar in groepe moet opslaan, is: “Ruben wat 46 500 manne het, hulle leier is Elisur seun van Sedeür, Simeon wat 59 300 manne het, hulle leier is Selumiël seun van Suri-Saddai, Gad wat 46 650 manne het, hulle leier is Eljasaf seun van Reüel. “In die Ruben-kamp is hulle almal saam 125 450 manne en hulle moet tweede gaan.
NUMERI 2:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Al die geteldes in die laer van Ruben was honderd-een-en-vyftigduisend-vierhonderd-en-vyftig volgens hulle leërafdelings. En hulle moet tweede opbreek.
NUMERI 2:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die hele kamp onder leiding van Ruben, ingedeel in leërafdelings, is altesaam 151 450 weerbare manne. “Hierdie stamme moet altyd tweede versit.
NUMERI 2:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Al dié wat ingeskryf is van die kamp van Ruben, volgens hulle leërafdelings, is 151 450. Hulle moet tweede kamp opbreek.
NUMERI 2:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Al die geteldes in die laer van Ruben was honderd een en vyftig duisend vier honderd en vyftig volgens hulle leërs. En hulle sal optree in die tweede rang.