NUMERI 18:7
NUMERI 18:7 Bybel vir almal (ABA)
Maar jy en jou seuns moet die priesters wees wat die werk doen by die altaar en in die kamer agter die gordyn. Ek gee daardie werk vir julle. Maar wanneer iemand anders daardie werk doen, dan sal hy sterf.”
NUMERI 18:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar jy en jou seuns saam met jou moet julle priesteramp waarneem met betrekking tot al die sake van die altaar en van wat binnekant die voorhangsel is, en julle moet daar diens verrig. As 'n dienswerk wat geskenk word, gee Ek julle die priesteramp; en die onbevoegde wat naby kom, moet gedood word.
NUMERI 18:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar net jý en jou seuns mag as priesters diens doen en al die werk by die altaar en agter die voorhangsel verrig. Dat julle die priesterskap mag beklee, is 'n geskenk van My aan julle. 'n Onbevoegde persoon wat nader kom om die diens te verrig, moet doodgemaak word.”
NUMERI 18:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar jy en jou seuns saam met jou moet julle priesterdiens nakom, in alle sake by die altaar en agter die voorhangsel. Daar moet julle diens doen. As 'n geskenk met die oog op dienslewering gee Ek julle priesterskap aan julle. Maar 'n onbevoegde persoon wat daar indring, moet doodgemaak word.”
NUMERI 18:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom moet jy en jou seuns saam met jou jou priesteramp behartig vir alles van die altaar en binne-in die voorhangsel; en julle moet dien: Ek het julle priesteramp aan julle gegee as 'n geskenk; en die vreemdeling wat naby kom, moet gedood word.
NUMERI 18:7 Die Boodskap (DB)
Maar net jy en jou seuns mag die werk van die priesters doen, daar by die altaar en agter die gordyn in die heiligste deel van die tent. My geskenk aan julle is dat julle priesters mag wees in my diens. As iemand anders wat nie ’n priester is nie, dit probeer doen, moet hy doodgemaak word.”
NUMERI 18:7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jy, saam met jou seuns, moet egter die priesterwerk doen. Julle doen alles wat by die altaar en binne die tabernakel agter die skeidingsgordyn gebeur. Ek het die priesterwerk spesiaal net vir julle gegee. As enigiemand anders dit doen, sal hy nie bly leef nie.”