NUMERI 18:23
NUMERI 18:23 Bybel vir almal (ABA)
Die Leviete moet die werk by die tent doen, en wanneer hulle verkeerd doen, dan sal Ek hulle straf. Dit sal altyd so wees, vir julle en vir julle nageslag. Maar hulle kry nie grond tussen die ander stamme nie.
NUMERI 18:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die Leviete, dié moet die dienswerk by die tent van samekoms verrig, en hulle moet hul ongeregtigheid dra — 'n ewige insetting in julle geslagte. En onder die kinders van Israel moet hulle geen erfdeel kry nie.
NUMERI 18:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Leviete moet die diens by die tent van ontmoeting behartig, en húlle is aanspreeklik vir hulle eie oortredinge. Dit is 'n vaste instelling, ook vir julle nageslag. Die Leviete kry nie 'n deel van die land saam met die Israeliete nie.
NUMERI 18:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar die Leviete, dit is hulle wat die dienswerk by die Tent van Ontmoeting moet doen. Hulle sal hulle skuld dra. Dit is 'n voorskrif wat altyd geld vir julle nageslag: Tussen die Israeliete mag hulle nie 'n erfenis ontvang nie
NUMERI 18:23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar die Leviete moet die dienswerk van die tent van samekoms verrig, en hulle moet hul ongeregtigheid dra; dit moet 'n ewige insetting wees vir julle geslagte, dat hulle onder die kinders van Israel geen erfdeel het nie.