NUMERI 18:15
NUMERI 18:15 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer die Israeliete die oudste seun of die eerste kleintjie van 'n dier vir My bring, dan is dit joune. Maar jy moet elke oudste seun en elke eerste kleintjie van 'n onrein dier loskoop.
NUMERI 18:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Alles wat die moederskoot open — alle vlees wat hulle vir die HERE aanbring, mense en diere — moet joue wees; maar die eersgeborenes van mense moet jy sekerlik loskoop; ook moet jy die eersgeborenes van onrein diere loskoop.
NUMERI 18:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elke eersgeborene van mens of dier wat vir die Here gebring word, is joune. Maar elke eersgebore seun en elke eersteling van 'n onrein dier moet jy loskoop.
NUMERI 18:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Elke eersteling van die moederskoot, elke lewende wese wat vir die HERE gebring word, kom jou toe, of dit nou mense of diere is. Onthou net, jy moet beslis die eersgeborenes van mense laat loskoop, en die eersgeborenes van •onrein diere mag jy laat loskoop.
NUMERI 18:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Alles wat die matriks in alle vlees oopmaak wat hulle na die HERE bring, of dit van mense of van diere is, moet joue wees
NUMERI 18:15 Die Boodskap (DB)
Die eersgebore kinders, of dit nou mens of dier is, wat aan die Here gewy word, behoort ook aan julle. Maar hier werk dit so: die eersgebore kinders en die eerstelinge van die onrein diere moet losgekoop word, sodat hulle kan teruggaan na hulle ouers en eienaars toe.