NUMERI 18:12 - Compare All Versions
NUMERI 18:12 ABA (Bybel vir almal)
Wanneer die Israeliete van die eerste olyf-olie, wyn en koring vir My bring, dan gee Ek vir jou die beste daarvan.
NUMERI 18:12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Al die beste van die olie en al die beste van die mos en die koring, die eerste daarvan wat hulle aan die HERE gee, dit gee Ek aan jou.
NUMERI 18:12 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Ek gee ook aan jou die beste van al die olie, die wyn en die koring wat deur die Israeliete uit hulle eerste opbrengs vir die Here gebring word.
NUMERI 18:12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Al die beste olie, al die beste •nuwe wyn en koring – die eerste opbrengs daarvan wat hulle vir die HERE gee, gee Ek vir jou.
NUMERI 18:12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Al die beste van die olie en al die beste van die wyn en van die koring, die eerstelinge daarvan wat hulle aan die HERE sal offer, dit het Ek aan jou gegee.
NUMERI 18:12 DB (Die Boodskap)
Ook die eerste opbrengs van die jaarlikse oeste wat hulle altyd vir My bring, behoort aan julle. Dit sluit in olyfolie, wyn en koring.
NUMERI 18:12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Al die beste olyfolie, wyn en graan wat vir die HERE gebring word, gee Ek ook vir jou.