NUMERI 18:1-32
NUMERI 18:1-32 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Aäron gesê: “Wanneer iemand iets verkeerd doen by die tempel-tent, dan sal dit jou en jou seuns en jou familie se skuld wees. Wanneer 'n priester iets verkeerd doen, dan sal dit jou en jou seuns se skuld wees. Jy moet jou ander familie, die Leviete wat die nageslag is van jou voorvader Levi, saam met jou laat nader kom. Hulle moet by jou wees en vir jou werk. Jy en jou seuns saam met jou moet by die tent wees waarin die tien gebooie is. Die Leviete moet jou help met jou werk en met die werk by die hele tent. Maar hulle moenie by die gewyde gereedskap en die altaar kom nie. As hulle dit doen, dan sal hulle én julle sterf. Die Leviete moet by jou wees en hulle moet die werk doen by die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn, hulle moet help met al die werk by die tent. Niemand anders mag naby julle kom nie. Julle self moet die werk by die tempel-tent en die altaar doen. Dan sal Ek nie weer kwaad word vir die Israeliete nie. Ek self het julle familie, die Leviete, weggeneem tussen die Israeliete. Ek het hulle vir My geneem om die werk te doen by die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn. Ek gee die Leviete vir julle om julle te help. Maar jy en jou seuns moet die priesters wees wat die werk doen by die altaar en in die kamer agter die gordyn. Ek gee daardie werk vir julle. Maar wanneer iemand anders daardie werk doen, dan sal hy sterf.” Die Here het vir Aäron gesê: “Ek self het vir jou gesê jy moet kyk dat mense die regte offers vir My bring. Ek gee van nou af vir jou al die gewyde presente wat die Israeliete vir My bring. Dit sal altyd aan jou en jou seuns behoort, dit is wat julle moet kry. Jy moet die deel van die hoog-gewyde offers kry wat julle nie verbrand nie, dit is al die koring-offers, al die sonde-offers, al die skuld-offers. Dit is al die hoog-gewyde offers wat die Israeliete vir My bring. Jy en jou seuns moet dit kry. Dit is hoog-gewyde dinge, maar julle mag dit eet. Elke man of seun in jou familie mag dit eet. Dit moet vir julle gewyde dinge wees. Elke beweeg-offer wat die Israeliete vir My gee, is ook joune. Ek gee dit vir jou en jou seuns en jou dogters saam met jou. Dit moet altyd so wees. Elkeen in jou huisgesin wat rein is, mag daarvan eet. Wanneer die Israeliete van die eerste olyf-olie, wyn en koring vir My bring, dan gee Ek vir jou die beste daarvan. Die eerste van alles wat in die grond groei en wat hulle vir My bring, moet joune wees. Elkeen in jou huisgesin wat rein is, mag daarvan eet. Alles in die land Israel wat gewy is, moet joune wees. Wanneer die Israeliete die oudste seun of die eerste kleintjie van 'n dier vir My bring, dan is dit joune. Maar jy moet elke oudste seun en elke eerste kleintjie van 'n onrein dier loskoop. As jy 'n seun of 'n dier wil loskoop wanneer hy 'n maand oud is, dan moet jy vyf silwer sikkels betaal, dit moet tempel-sikkels wees wat elkeen 20 gera weeg. Jy moenie die eerste bees-kalf of skaap-lam of bok-lam loskoop nie. Hulle is gewyd. Jy moet hulle bloed teen die altaar uitgooi en jy moet hulle vet verbrand. Dit is 'n vuur-offer wat lekker ruik vir die Here. Maar die vleis van die diere moet joune wees, en die bors van die beweeg-offer en die boud is ook joune. Ek het vir jou en jou seuns en jou dogters al die gewyde presente gegee wat die Israeliete vir My bring. Julle sal dit altyd kry. Dit belowe Ek, jy en jou nageslag sal dit altyd kry.” Die Here het ook vir Aäron gesê: “Jy kry nie in die land van die Israeliete grond waar julle kan woon nie, jou stam kry nie grond tussen die ander stamme nie. Ek self sal aan julle behoort, julle sal vir My hê. Luister, Ek gee vir die Levi-stam al die tiendes wat die Israeliete bring. Die Levi-stam kry dit vir die werk wat hulle moet doen, die werk by die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn. Die ander Israeliete mag nou nie meer naby die tent kom waar Ek aan hulle verskyn nie. As een van hulle dit doen, dan doen hy verkeerd en dan moet hy sterf. Die Leviete moet die werk by die tent doen, en wanneer hulle verkeerd doen, dan sal Ek hulle straf. Dit sal altyd so wees, vir julle en vir julle nageslag. Maar hulle kry nie grond tussen die ander stamme nie. Die Leviete kry die tiendes wat die Israeliete vir My gee, dit is hulle s'n. Dit is hoekom Ek vir die Leviete gesê het dat hulle nie grond kry tussen die ander stamme nie.” Die Here het vir Moses gesê: “Jy moet vir die Leviete sê: Julle sal van die Israeliete die tiendes kry wat Ek vir julle gegee het, dit behoort aan julle. Wanneer julle dit kry, dan moet julle 'n tiende daarvan vir My gee. Dit moet julle offers vir My wees, dit is dieselfde soos wanneer julle koring van die dorsvloer en wyn uit die parskuip gekry het en gegee het. So sal ook júlle vir My offers bring, julle sal dit gee van al die tiendes wat julle van die Israeliete kry. En die offers wat julle vir My moet bring, moet julle vir die priester Aäron gee. Julle moet van alles wat julle kry, elke maal vir My die deel gee wat Ek moet kry. Julle moet die beste deel daarvan aan My wy. “Jy moet ook vir hulle sê: Wanneer julle die beste deel gewy het, dan is die deel wat oorbly vir die Leviete soos die koring wat hulle van die dorsvloer moet kry, en soos die wyn wat hulle uit die parskuip moet kry. Julle en julle huisgesinne mag julle deel van die tiendes eet op enige plek, want dit is julle beloning vir die werk wat julle doen in die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn. Wanneer julle die beste deel vir My gegee het, dan doen julle nie verkeerd wanneer julle die deel eet wat julle moet kry nie. Maar julle moenie die gewyde dinge wat die Israeliete offer, ontwy nie. As julle dit doen, dan sal julle sterf.”
NUMERI 18:1-32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN die HERE het vir Aäron gesê: Jy en jou seuns en die huis van jou vader saam met jou moet die ongeregtigheid met betrekking tot die heiligdom dra; en jy en jou seuns saam met jou moet die ongeregtigheid met betrekking tot julle priesteramp dra. En laat ook jou broers, die stam van Levi, die stam van jou vader, saam met jou nader kom, dat hulle by jou kan aansluit en jou dien, terwyl jy en jou seuns saam met jou voor die tent van die Getuienis is. En hulle moet jou diens waarneem en die diens van die hele tent; maar naby die voorwerpe van die heiligdom en naby die altaar mag hulle nie kom nie, dat hulle nie sterwe, hulle sowel as julle nie. Maar hulle moet by jou aansluit en die diens van die tent van samekoms waarneem: al die dienswerk van die tent; en 'n onbevoegde mag nie na julle toe aankom nie. En julle moet die diens van die heiligdom en die diens van die altaar waarneem, sodat daar verder geen toorn oor die kinders van Israel kom nie. Want Ek self het julle broers, die Leviete, onder die kinders van Israel uit geneem as 'n geskenk vir julle, mense wat aan die HERE gegee is om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig. Maar jy en jou seuns saam met jou moet julle priesteramp waarneem met betrekking tot al die sake van die altaar en van wat binnekant die voorhangsel is, en julle moet daar diens verrig. As 'n dienswerk wat geskenk word, gee Ek julle die priesteramp; en die onbevoegde wat naby kom, moet gedood word. Verder het die HERE met Aäron gespreek: Ek self het jou die diens van my offergawes gegee; wat betref al die heilige gawes van die kinders van Israel, aan jou gee Ek dit as aandeel en aan jou seuns as ewige insetting. Van die hoogheilige gawes, met uitsondering van wat verbrand word, moet dít joue wees: al hulle offers, naamlik elke spysoffer en elke sondoffer en elke skuldoffer van hulle, wat hulle My bring — as iets hoogheiligs moet dit vir jou en jou seuns wees. In 'n hoogheilige plek moet jy dit eet; almal wat manlik is, mag dit eet; heilig moet dit vir jou wees. Dit moet ook joue wees: die offergawe van hulle geskenke, van al die beweegoffers van die kinders van Israel; Ek gee dit aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as 'n ewige insetting. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet. Al die beste van die olie en al die beste van die mos en die koring, die eerste daarvan wat hulle aan die HERE gee, dit gee Ek aan jou. Die eerstelinge van alles wat in hulle land is, wat hulle aan die HERE bring, moet joue wees. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet. Alles wat onder die ban is in Israel, moet joue wees. Alles wat die moederskoot open — alle vlees wat hulle vir die HERE aanbring, mense en diere — moet joue wees; maar die eersgeborenes van mense moet jy sekerlik loskoop; ook moet jy die eersgeborenes van onrein diere loskoop. En wat die loskoping daarvan aangaan: vanaf 'n maand oud moet jy loskoop, volgens jou skatting, vir 'n geldsom van vyf sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; dit is twintig gera. Maar die eersgeborene van 'n bees of die eersgeborene van 'n skaap of die eersgeborene van 'n bok moet jy nie loskoop nie; heilig is hulle; hulle bloed moet jy uitgooi teen die altaar en hulle vet aan die brand steek as 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE. En hulle vleis moet joue wees; soos die bors van die beweegoffer en die regterboud moet dit joue wees. Al die offergawes van die heilige dinge wat die kinders van Israel aan die HERE afgee, gee Ek aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as 'n ewige insetting. Dit is 'n ewige soutverbond voor die aangesig van die HERE, vir jou en jou nageslag saam met jou. Ook het die HERE vir Aäron gesê: Jy sal in hulle land nie erwe nie, en jy sal geen deel onder hulle hê nie. Ek is jou deel en jou erfenis onder die kinders van Israel. En kyk, Ek gee aan die kinders van Levi al die tiendes in Israel as erfdeel vir hulle dienswerk wat hulle verrig, die dienswerk van die tent van samekoms. En die kinders van Israel moet nie meer nader kom na die tent van samekoms om sonde op hulle te laai sodat hulle sterwe nie. Maar die Leviete, dié moet die dienswerk by die tent van samekoms verrig, en hulle moet hul ongeregtigheid dra — 'n ewige insetting in julle geslagte. En onder die kinders van Israel moet hulle geen erfdeel kry nie. Want die tiendes van die kinders van Israel wat hulle aan die HERE as offergawe afgee, gee Ek aan die Leviete as erfdeel. Daarom het Ek aangaande hulle gesê: Hulle moet onder die kinders van Israel geen erfdeel kry nie. En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Jy moet ook met die Leviete spreek en aan hulle sê: As julle van die kinders van Israel die tiendes neem wat Ek aan julle van hulle as jul erfdeel gegee het, moet julle daarvan 'n offergawe aan die HERE afgee, 'n tiende van die tiende. En julle offergawe sal vir julle gereken word soos koring van die dorsvloer af en soos die volle opbrings uit die parskuip. Só moet julle ook 'n offergawe aan die HERE afgee van al julle tiendes wat julle van die kinders van Israel neem, en julle moet daarvan die offergawe aan die HERE aan die priester Aäron gee. Van al jul gawes moet julle die hele offergawe aan die HERE afgee, van al die beste daarvan, as die heilige gawe wat daarvan moet afgaan. Jy moet dan vir hulle sê: As julle die beste daarvan afgee, sal dit vir die Leviete gereken word as opbrings van die dorsvloer en as opbrings van die parskuip. En julle mag dit op enige plek eet, julle en jul huisgesin; want dit is vir julle 'n loon vir jul dienswerk by die tent van samekoms. En julle sal daarby geen sonde op julle laai as julle die beste deel daarvan afgee nie; en julle mag die heilige gawes van die kinders van Israel nie ontheilig nie, sodat julle nie sterwe nie.
NUMERI 18:1-32 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het vir Aäron gesê: “Jy en jou seuns, en jou stam saam met jou, word aanspreeklik gehou vir oortredings teen die heiligdom, maar net jy en jou seuns word aanspreeklik gehou vir oortredings teen die priesteramp wat deur julle beklee word. Jy moet jou Levitiese ampsgenote uit jou stam na jou toe laat kom dat hulle by jou kan aansluit en jou kan help. Jy en jou seuns moet die ampspligte by die tent met die getuienis verrig. Die Leviete is tot jou beskikking vir al die diens by die tent. Hulle mag egter nie die offergereedskap hanteer om op die altaar te offer nie, want dan sal hulle en julle sterf. Hulle moet by jou aansluit en die diens by die tent van ontmoeting waarneem, al die werk by die tent. Iemand wat nie daartoe bevoeg is nie, mag nie saam met julle diens doen nie. Net júlle mag die diens by die heiligdom en die altaar waarneem, sodat die toorn van die Here nie weer oor die Israeliete kom nie. Ek het julle Levitiese ampsgenote uit die Israeliete afgesonder as my geskenk aan julle. Hulle behoort aan My vir die werk by die tent van ontmoeting. Maar net jý en jou seuns mag as priesters diens doen en al die werk by die altaar en agter die voorhangsel verrig. Dat julle die priesterskap mag beklee, is 'n geskenk van My aan julle. 'n Onbevoegde persoon wat nader kom om die diens te verrig, moet doodgemaak word.” Die Here het vir Aäron gesê: “Ek het jou aangestel om toesig te hou oor die offergawes wat vir My gebring word. Ek gee aan jou en jou seuns 'n deel van al die gewyde gawes wat deur die Israeliete gebring word. Dit is 'n vaste instelling. Die deel van die besondere gewyde gawes wat nie verbrand word nie, kom jou toe. Dit geld van al die offergawes wat die Israeliete vir My bring as besondere gewyde gawes, of dit graanoffers, sondeoffers of skuldoffers is. Dit behoort aan jou en jou seuns. Wanneer jy dit eet, moet jy onthou dat dit besondere gewyde gawes is. Elke manspersoon uit jou familie mag dit eet. Dit moet ook vir jóú gewyde gawes wees. “Verder behoort elke offergawe wat die Israeliete as beweegoffer bring, aan jou. Ek gee dit vir jou en jou seuns en jou dogters. Dit is 'n vaste instelling. Elkeen in jou huis wat rein is, mag daarvan eet. “Ek gee ook aan jou die beste van al die olie, die wyn en die koring wat deur die Israeliete uit hulle eerste opbrengs vir die Here gebring word. Die eerste van alles wat hulle land oplewer en wat hulle vir die Here bring, is joune. Elkeen in jou huis wat rein is, mag daarvan eet. Alles wat in Israel as banoffer aan die Here gewy word, is joune. Elke eersgeborene van mens of dier wat vir die Here gebring word, is joune. Maar elke eersgebore seun en elke eersteling van 'n onrein dier moet jy loskoop. Wat die loskoping betref, jy moet hulle loskoop as hulle 'n maand oud is, elkeen teen die vasgestelde prys van vyf en vyftig gram silwer volgens die standaardgewig van die heiligdom. Maar die eerstelinge van beeste, skape en bokke moet jy nie loskoop nie, hulle is aan My gewy. Jy moet hulle bloed teen die altaar sprinkel en hulle vet as 'n vuuroffer verbrand, 'n offer wat vir My, die Here, aanvaarbaar is. Die vleis van hierdie offerdiere is joune net soos die bors en die regterboud van die beweegoffer joune is. Aan jou, jou seuns en jou dogters gee Ek al die gewyde gawes wat deur die Israeliete vir My as offergawes gebring word. Dit is 'n vaste instelling. Dit is my onverbreekbare verbond met jou en jou nageslag.” Die Here het vir Aäron gesê: “Jy ontvang nie 'n deel van die Israeliete se land as besitting nie, jy kry nie 'n deel saam met hulle nie. Jou deel en jou besitting onder die Israeliete ontvang jy uit wat My toekom. “Vir die dienswerk wat die Leviete in die tent van ontmoeting verrig, gee Ek aan hulle as hulle besitting al die tiendes wat die Israeliete as offergawes bring. Die Israeliete mag nie weer naby die tent van ontmoeting diens probeer doen nie, want dan sondig hulle en sal hulle sterwe. Die Leviete moet die diens by die tent van ontmoeting behartig, en húlle is aanspreeklik vir hulle eie oortredinge. Dit is 'n vaste instelling, ook vir julle nageslag. Die Leviete kry nie 'n deel van die land saam met die Israeliete nie. Ek gee aan die Leviete as hulle besitting die tiendes wat die Israeliete as offergawe aan die Here bring. Dit is waarom Ek vir hulle gesê het dat hulle nie 'n deel van die land saam met die Israeliete kry nie.” Die Here het verder vir Moses gesê: “Sê vir die Leviete: As julle die tiende wat Ek vir julle as besitting gee, van die Israeliete ontvang, moet julle 'n tiende daarvan as 'n offergawe aan die Here bring. Julle offergawe sal beskou word asof dit koring is wat van die dorsvloer af kom en asof dit uit die volle opbrengs van die parskuip kom. So moet ook julle van al die tiendes wat julle van die Israeliete ontvang, 'n offergawe aan die Here bring. Wat die Here daarvan toekom as offergawe, moet julle aan die priester Aäron gee. Van alles wat aan julle gegee word, moet julle die beste en die mees gewyde deel as offergawe aan die Here bring. Jy moet vir die Leviete sê: As julle die beste daarvan as offergawe bring, sal dit vir julle beskou word as julle deel van die opbrengs van die dorsvloer en die parskuip. Julle en julle gesinne mag op enige plek daarvan eet. Dit is die beloning vir julle dienswerk by die tent van ontmoeting. Deur die beste daarvan te bring, sal julle nie in hierdie saak oortree nie. Maar julle mag nie die gewyde gawes van die Israeliete ontwy nie, want dan sal julle sterwe.”
NUMERI 18:1-32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het vir Aäron gesê: “Jy, jou seuns en jou familie saam met jou – julle sal die gevolge dra van sonde teen die heiligdom; en jy en jou seuns saam met jou sal die gevolge dra van sonde in verband met julle priesterdiens. Laat ook jou broers, die stam van Levi, die stam van jou vader, saam met jou nader kom, sodat hulle by jou kan aansluit en jou kan bystaan waar jy en jou seuns saam met jou voor die tent met die Getuienis is. Hulle moet van jou verpligtinge nakom, en ook verpligtinge in verband met die hele •tabernakel. Maar naby voorwerpe van die heiligdom en naby die altaar mag hulle nie kom nie, sodat hulle nie sterf nie – nie hulle nie, en ook nie julle nie. Hulle moet by jou aansluit en die verpligtinge by die Tent van Ontmoeting nakom, ja, al die werk by die tent. Maar 'n onbevoegde persoon mag nie naby julle kom nie. Julle moet die verpligtinge by die heiligdom en die altaar nakom, sodat die Israeliete nie weer deur 'n oordeel uit toorn getref word nie. Wat My betref, kyk, Ek het julle broers, die Leviete, uit die Israeliete geneem as 'n geskenk vir julle. Hulle is aan die HERE afgestaan om die werk by die Tent van Ontmoeting te doen. Maar jy en jou seuns saam met jou moet julle priesterdiens nakom, in alle sake by die altaar en agter die voorhangsel. Daar moet julle diens doen. As 'n geskenk met die oog op dienslewering gee Ek julle priesterskap aan julle. Maar 'n onbevoegde persoon wat daar indring, moet doodgemaak word.” Die HERE het vir Aäron gesê: “Wat My betref, kyk, Ek het aan jou die verpligting in verband met my •wydingsgeskenke toevertrou. Al die •heilige gawes van die Israeliete – aan jou en aan jou seuns gee Ek dit as 'n geskenk, as 'n deel wat hulle altyd moet kry. Die volgende van die •besonder heilige gawes, dit wat nie verbrand word nie, is wat jou toekom: al hulle offers – al hulle •graanoffers, al hulle •reinigingsoffers en al hulle •hersteloffers wat hulle vir My bring. Die besonder heilige gawes kom jou en jou seuns toe. Op 'n besonder heilige plek moet jy dit eet. Elke manspersoon mag dit eet. Dit moet vir jou iets heiligs wees. Die volgende kom jou toe: Wydingsgeskenke wat hulle gee, al die gewyde gawes van die Israeliete gee Ek aan jou en aan jou seuns en dogters wat saam met jou is, as 'n deel wat julle altyd moet kry. Elkeen in jou huis wat rein is, mag daarvan eet. Al die beste olie, al die beste •nuwe wyn en koring – die eerste opbrengs daarvan wat hulle vir die HERE gee, gee Ek vir jou. Die eerste opbrengs van alles wat op hulle land is, wat hulle vir die HERE bring, kom jou toe. Elkeen in jou huis wat rein is, mag daarvan eet. Alles wat onder die ban is in Israel, kom jou toe. Elke eersteling van die moederskoot, elke lewende wese wat vir die HERE gebring word, kom jou toe, of dit nou mense of diere is. Onthou net, jy moet beslis die eersgeborenes van mense laat loskoop, en die eersgeborenes van •onrein diere mag jy laat loskoop. Wat die loskoop daarvan betref: Vanaf 'n maand oud moet jy laat loskoop teen die loskoopwaarde van vyf sikkel silwer volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld, wat twintig gera per sikkel is. Maar die eersgeborenes van beeste, skape en bokke moet jy nie laat loskoop nie; hulle is heilig. Hulle bloed moet jy teen die altaar sprinkel en hulle vet moet jy verbrand as 'n geurige offer, 'n offergawe aan die HERE. Hulle vleis kom jou toe; soos die borsstuk van die gewyde gawe en die regterboud, kom dit jou toe. Al die wydingsgeskenke van heilige gawes wat die Israeliete vir die HERE aanbied, gee Ek vir jou en vir jou seuns en jou dogters saam met jou as die deel wat julle altyd moet kry. Dit geld as 'n ewige verbond van sout voor die HERE vir jou en jou nageslag saam met jou.” Die HERE het vir Aäron gesê: “In hulle land sal jy nie erf nie; 'n erfdeel sal daar nie vir jou tussen hulle wees nie. Ek is jou erfdeel, jou erfenis tussen die Israeliete. En wat die Leviete betref, kyk, Ek gee al die tiendes in Israel as erfenis in ruil vir hulle dienswerk wat hulle doen, die dienswerk by die Tent van Ontmoeting. Die Israeliete moenie weer naby die Tent van Ontmoeting kom, om sodoende sonde op hulle te laai en te sterf nie. Maar die Leviete, dit is hulle wat die dienswerk by die Tent van Ontmoeting moet doen. Hulle sal hulle skuld dra. Dit is 'n voorskrif wat altyd geld vir julle nageslag: Tussen die Israeliete mag hulle nie 'n erfenis ontvang nie; want die tiendes van die Israeliete wat hulle as wydingsgeskenk vir die HERE aanbied, gee Ek vir die Leviete as erfenis. Daarom het Ek vir hulle gesê hulle sal nie 'n erfenis tussen die Israeliete ontvang nie.” Die HERE het verder met Moses gepraat en gesê: “ Jy moet met die Leviete praat. Sê vir hulle, ‘Wanneer julle van die Israeliete die tiende ontvang wat Ek vir julle van hulle kant as julle erfenis gegee het, moet julle daarvan 'n wydingsgeskenk vir die HERE aanbied – 'n tiende van die tiende. Julle wydingsgeskenk sal vir julle gereken word soos die koring van die dorsvloer en soos die volle opbrengs van die parskuip. So moet ook julle 'n wydingsgeskenk vir die HERE aanbied uit al julle tiendes wat julle van die Israeliete ontvang. Julle moet daarvan aan die priester Aäron gee, as 'n wydingsgeskenk vir die HERE. Uit al julle geskenke moet julle die volle wydingsgeskenk vir die HERE aanbied, uit al die beste geskenke 'n deel daarvan as sy heilige gawe.’ “Jy moet ook vir hulle sê, ‘As julle die beste daarvan aanbied, dan word dit vir die Leviete gereken as die opbrengs van 'n dorsvloer en die opbrengs van 'n parskuip. Julle en julle gesinne mag dit op enige plek eet, want dit is vir julle 'n beloning in ruil vir julle dienswerk by die Tent van Ontmoeting. Julle sal nie sonde op julle laai wanneer julle die beste daarvan aanbied nie. Maar die heilige gawes van die Israeliete mag julle nie ontheilig nie, anders sterf julle.’ ”
NUMERI 18:1-32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die HERE het vir Aäron gesê: Jy en jou seuns en jou vader se huis saam met jou moet die ongeregtigheid van die heiligdom dra; en jy en jou seuns saam met jou moet die ongeregtigheid van julle priesterskap dra. En ook jou broers uit die stam van Levi, die stam van jou vader, bring jou saam, dat hulle by jou kan aansluit en jou dien; maar jy en jou seuns saam met jou moet dien voor die tent van die getuienis. En hulle moet jou diens waarneem en die diens van die hele tabernakel; maar hulle mag nie naby die voorwerpe van die heiligdom en die altaar kom nie, sodat hulle nie en ook julle ook nie sterwe nie. En hulle moet by jou aansluit en die diens van die tent van samekoms waarneem vir die hele dienswerk van die tent; en 'n vreemdeling mag nie na jou toe kom nie. En julle moet die diens van die heiligdom en die diens van die altaar waarneem, sodat daar geen toorn meer oor die kinders van Israel kom nie. En kyk, Ek het julle broers, die Leviete, uit die kinders van Israel geneem; aan julle is hulle gegee as 'n geskenk aan die HERE, om die diens van die tent van samekoms te verrig. Daarom moet jy en jou seuns saam met jou jou priesteramp behartig vir alles van die altaar en binne-in die voorhangsel; en julle moet dien: Ek het julle priesteramp aan julle gegee as 'n geskenk; en die vreemdeling wat naby kom, moet gedood word. En die HERE het met Aäron gespreek: Kyk, Ek het jou ook die diens gegee van my hefoffers van al die heilige gawes van die kinders van Israel; Ek het hulle aan jou gegee ter wille van die salwing, en aan jou seuns, volgens 'n ewige insetting. Dit sal joue wees van die allerheiligste dinge wat van die vuur bewaar word: al hulle spysoffer, al hulle spysoffer en al hulle sondoffers en al hulle skuldoffers wat hulle aan My moet gee, sal die hoogste wees en heilig vir jou en vir jou seuns. In die Allerheiligste moet jy dit eet; al wat manlik is, moet dit eet; heilig moet dit vir jou wees. En dit is joune; die hefoffer van hulle gawe saam met al die beweegoffers van die kinders van Israel; Ek gee dit aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou, volgens 'n ewige insetting: elkeen wat rein is in jou huis daarvan sal eet. Al die beste van die olie en al die beste van die wyn en van die koring, die eerstelinge daarvan wat hulle aan die HERE sal offer, dit het Ek aan jou gegee. En alles wat eers ryp is in die land wat hulle na die HERE sal bring, sal joue wees; elkeen wat rein is in jou huis, moet daarvan eet. Alles wat in Israel gewyd word, sal joue wees. Alles wat die matriks in alle vlees oopmaak wat hulle na die HERE bring, of dit van mense of van diere is, moet joue wees; En die wat losgekoop moet word van 'n maand oud af, moet jy, volgens jou skatting, los vir die geld van vyf sikkels, volgens die sikkel van die heiligdom, dit is twintig gera. Maar die eersgeborene van 'n bees of die eersgeborene van 'n skaap of die eersgeborene van 'n bok mag jy nie loskoop nie; hulle is heilig; jy moet hulle bloed op die altaar sprinkel en hulle vet verbrand as vuuroffer tot lieflike geur aan die HERE. En die vlees van hulle sal joue wees, soos die bors van die beweging en soos die regterskouer joue. Al die hefoffers van die heilige gawes wat die kinders van Israel aan die HERE bring, het Ek aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou gegee as 'n ewige insetting: dit is 'n soutverbond vir ewig voor die aangesig van die HERE vir jou en vir jou nageslag saam met jou. En die HERE het met Aäron gespreek: Jy sal geen erfdeel in hulle land hê nie, en jy sal geen deel onder hulle hê nie: Ek is jou deel en jou erfdeel onder die kinders van Israel. En kyk, Ek gee die kinders van Levi al die tiendes in Israel as 'n erfdeel, vir hulle diens wat hulle dien, naamlik die diens van die tent van samekoms. Die kinders van Israel mag ook nie van nou af naby die tent van samekoms kom nie, sodat hulle nie sonde dra en sterwe nie. Maar die Leviete moet die dienswerk van die tent van samekoms verrig, en hulle moet hul ongeregtigheid dra; dit moet 'n ewige insetting wees vir julle geslagte, dat hulle onder die kinders van Israel geen erfdeel het nie. Maar die tiendes van die kinders van Israel wat hulle as hefoffer aan die HERE bring, het Ek aan die Leviete gegee om te erf; daarom het Ek vir hulle gesê: Onder die kinders van Israel sal hulle geen erfdeel hê nie. En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Spreek dan met die Leviete en sê vir hulle: As julle van die kinders van Israel die tiendes neem wat Ek julle van hulle as julle erfdeel gegee het, moet julle 'n hefoffer daarvan aan die HERE bring, 'n tiende deel van die tiende. En hierdie offergawe van julle moet aan julle gereken word asof dit die koring van die dorsvloer is en soos die volheid van die parskuip. So moet julle ook 'n hefoffer aan die HERE bring van al julle tiendes wat julle van die kinders van Israel ontvang; en julle moet daarvan die offergawe van die HERE aan die priester Aäron gee. Van al julle gawes moet julle elke hefoffer van die HERE bring, van al die beste daarvan, die heilige deel daarvan. Daarom moet jy vir hulle sê: As julle die beste daarvan afgehaal het, moet dit vir die Leviete gereken word as die opbrings van die dorsvloer en as die opbrings van die parskuip. En julle moet dit op elke plek eet, julle en julle huisgesinne, want dit is julle loon vir julle diens in die tent van samekoms. En julle mag daardeur geen sonde dra as julle die beste daarvan wegneem nie; en julle mag die heilige gawes van die kinders van Israel nie ontheilig nie, sodat julle nie sterwe nie.
NUMERI 18:1-32 Die Boodskap (DB)
Die Here het vir Aäron gesê: “Jy en jou seuns en julle familielede uit die stam van Levi sal verantwoordelik gehou word as enigiets met die werk by die tent waar Ek aanbid word, verkeerd loop. Maar net jy en jou seuns sal in die moeilikheid wees as iets verkeerd loop in die werk van die priesters. Kry manne uit die stam van Levi om jou en jou seuns met julle pligte by die tent te help. Hulle mag julle help met alles wat julle in die tent moet doen. Maak net seker dat hulle nie naby die altaar kom of aan die offergereedskap vat nie, want dan sal julle beslis almal doodgaan. Hulle is die enigste mense wat julle mag help met die take wat in die tent gedoen moet word. Iemand wat nie ’n Leviet is nie, mag nie daar naby kom nie. Maar net jy en jou seuns mag diens doen in die heilige deel van die tent en die offers op die altaar bring. As julle dit presies doen soos Ek sê, sal Ek, die Here, nie weer vir Israel straf nie. Ek gee die Leviete vir julle om julle te help. Hulle is opsy gesit om in die tabernakel vir My diens te doen. Hulle behoort aan My. Maar net jy en jou seuns mag die werk van die priesters doen, daar by die altaar en agter die gordyn in die heiligste deel van die tent. My geskenk aan julle is dat julle priesters mag wees in my diens. As iemand anders wat nie ’n priester is nie, dit probeer doen, moet hy doodgemaak word.” Die Here het vir Aäron gesê: “Ek het jou uitgekies om toesig te hou oor al die offers wat vir My gebring word. Al daardie dele van die offers wat nie heeltemal verbrand word nie, behoort aan jou en jou seuns. Hierdie reël geld vir altyd. Selfs daardie dele van die spesiale offers wat nie heeltemal verbrand word nie, behoort aan jou en jou seuns. Dit sluit elkeen van die volgende soorte offers in: graanoffers, sondeoffers en skuldoffers. Hierdie dele van die offers wat julle toekom, moet julle in ’n afgesonderde plek eet. Julle moet onthou dat hierdie kos baie spesiaal is omdat dit eintlik aan My behoort. Slegs die mans mag daarvan eet. “Daar is nog ander offers wat ook aan julle behoort. Al die offers wat die Israeliete bring wat heen en weer voor My beweeg word, behoort ook aan jou en jou seuns en dogters. Elkeen in jou huis wat voldoen aan my voorskrifte om My te dien by die tent waar Ek aanbid word, mag daarvan eet. Dit is weereens ’n vaste reëling wat vir altyd geld. Ook die eerste opbrengs van die jaarlikse oeste wat hulle altyd vir My bring, behoort aan julle. Dit sluit in olyfolie, wyn en koring. Die eerste vars vrugte wat aan hulle bome ryp geword het en wat hulle vir My bring, behoort ook aan julle. Elkeen in jou huis wat voldoen aan my voorskrifte om My te dien by die tent waar Ek aanbid word, mag daarvan eet. Elke offer wat spesiaal deur die Israeliete vir My opsy gesit word, behoort ook aan julle. Die eersgebore kinders, of dit nou mens of dier is, wat aan die Here gewy word, behoort ook aan julle. Maar hier werk dit so: die eersgebore kinders en die eerstelinge van die onrein diere moet losgekoop word, sodat hulle kan teruggaan na hulle ouers en eienaars toe. Hulle moet op die ouderdom van een maand losgekoop word, teen die vasgestelde prys van 55 gram silwer per kop volgens die standaardgewigte wat hier by die tent gebruik word. Julle mag egter nie die eerstelinge van beeste, skape en bokke loskoop nie. Hulle moet aan My geoffer word. Hulle bloed moet as teken van my vergifnis van julle sondes teen die altaar gesprinkel word en hulle vet moet as ’n vuuroffer op die altaar verbrand word. Ek sal so ’n offer aanvaarbaar vind. Die vleis behoort aan julle net soos die bors en die regterboud van die offer wat heen en weer voor My beweeg word ook aan julle behoort. Al die spesiale offers wat die Israeliete vir My, die Here, bring, behoort aan jou en jou familie. Dit is ’n vaste reëling, ’n permanente ooreenkoms tussen My en jou en jou nageslag.” Die Here het ook vir Aäron gesê: “Nie jy of enige van die priesters sal enige grond van julle eie kry in die land waarheen Ek julle vat nie. Ek, die Here, sal sorg dat jy kry wat jy nodig het uit die offers wat vir My gebring word.” “Vir hulle werk in die tent waar Ek aanbid word, gee Ek vir die Leviete die tiendes wat die Israeliete uit hulle besittings vir My bring. Niemand anders mag dit selfs naby die tent waag waar Ek aanbid word nie. Dan sal hulle doodgaan. Dit is net die Leviete wat by die tent mag werk. En hulle sal verantwoordelik wees vir enigiets wat daar verkeerd loop. Dit is ’n reël wat ook vir julle nageslag geld. Die Leviete sal ook nie enige grond in die land kry nie, aangesien Ek die tiendes wat die volk vir My gebring het, vir hulle gee. Dit is hoekom Ek vir hulle sê dat hulle nie ’n deel van die land kry, soos die ander Israeliete nie.” Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir die Leviete: Van die tiendes wat hulle van die Israeliete gekry het, moet hulle weer vir My ’n tiende daarvan as spesiale offer vir die Here gee. Die Here sal dit beskou asof dit die eerste koring van julle eie land of die eerste wyn van julle wynperse af is. Die een tiende van die tiendes wat julle van die Israeliete gekry het, moet julle vir Aäron as sy deel gee. Dit is my manier om vir hom te sorg. Maak seker dat julle net die beste van wat julle kry, vir die Here opsy sit. “Sê ook vir die Leviete: As julle die beste deel bring, sal dit gesien word as julle offer van julle dorsvloer of julle wynpers af. Julle mag die deel wat oorbly, op enige plek saam met julle gesinne eet, want dit is die Here se beloning vir die werk wat julle in die tent doen daar waar Hy aanbid word. So lank as wat julle die beste deel van wat die Israeliete gebring het, vir die Here opsy sit, mag julle die res eet sonder om bang te wees dat julle iets verkeerds doen. Maak net seker dat julle eers die beste deel van die offers vir die Here opsy sit voordat julle die res eet. As julle dit nie doen nie, sal julle doodgemaak word omdat julle iets geëet het wat net aan die Here behoort.”
NUMERI 18:1-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het met Aäron gepraat: “Jy en jou seuns en jou stam sal verantwoordelik gehou word vir oortredings teen die heiligdom. Jy en jou seuns dra ook verantwoordelikheid vir die priesterwerk. Bring die ander lede van die Levistam en laat hulle by jou aansluit om jou te help. Jy en jou seuns kan dan konsentreer op die tabernakel. Pas op dat hulle nie aan die ark of enigiets daar by die tabernakel vat wanneer hulle hulle werk daar doen nie. Nóg julle nóg hulle sal dan bly lewe. Hulle moet die diens by die tabernakel verrig en hulle pligte uitvoer. Iemand wat nie ’n Leviet is nie, mag egter nie daar naby kom nie. Julle moet self die dienswerk in die heiligdom en by die altaar doen. As julle aan hierdie reël hou, sal die HERE nie weer in woede uitbars teen die Israeliete nie. “Ek het self die Levistam uit al die Israeliete gekies om julle te help. Hulle is aan die HERE afgestaan om die werk by die tabernakel te doen. Jy, saam met jou seuns, moet egter die priesterwerk doen. Julle doen alles wat by die altaar en binne die tabernakel agter die skeidingsgordyn gebeur. Ek het die priesterwerk spesiaal net vir julle gegee. As enigiemand anders dit doen, sal hy nie bly leef nie.” Die HERE het verder ook nog vir Aäron gesê: “Ek het jou aangestel om al die dinge wat die Israeliete vir My bring, te ontvang. Ek het bepaal dat dit aan jou en jou seuns behoort. Dit sal altyd so wees. Die dele van die heel heiligste offers wat nie in die vuur geoffer word nie, is joune. Daardie gedeeltes van die maaltydoffer, sonde-offer en skuldoffer wat die volk vir My bring, kom jou en jou seuns toe. Julle kan dit eet. Julle moet dit egter sien as iets wat besonder heilig is. Al die mans mag daarvan eet. Dit moet vir jou iets heiligs wees. “Die offers wat die Israeliete vir My bring wat na My uitgehou word by die altaar, behoort ook aan jou. Ek gee dit vir jou en jou seuns en jou dogters. Dit is ’n vaste instelling. Almal in jou huis wat rein is, mag daarvan eet. “Al die beste olyfolie, wyn en graan wat vir die HERE gebring word, gee Ek ook vir jou. Die eerste oes van die land wat hulle vir die HERE bring, is ook joune. Almal in jou huis wat rein is, mag dit eet. Enigiets of iemand wat spesiaal aan die HERE afgestaan is, word ook joune. Elkeen, mens of bees, wat eerste gebore word en wat aan die HERE afgestaan word, is ook joune. “Onthou dat elke mens wat eerste gebore word, losgekoop moet word. Onrein diere se eersteling moet ook losgekoop word. Koop hulle los wanneer hulle ’n maand oud is. Die loskoopprys is 50 gram silwer. Dit is volgens die standaardgewig van die heiligdom. Jy mag nie die eersgeborene van ’n bees, ’n skaap of ’n bok loskoop nie. Hulle behoort aan die HERE. Hulle bloed moet teen die altaar gesprinkel word en hulle vet as ’n vuuroffer gebring word. Dit is aangenaam vir die HERE. Jy kan egter hulle vleis vat. Dit is joune, net soos die borsstuk en die regterboud van die offer wat na die HERE toe uitgehou word, ook aan jou behoort. Al hierdie heilige offers wat die Israeliete vir die HERE bring, gee Ek vir jou en jou kinders. Dit sal altyd julle deel wees. Dit is ’n onverbreekbare ooreenkoms tussen die HERE en jou en jou nageslag.” Die HERE het vir Aäron gesê: “Jy sal nie grond kry in julle land nie. Jy sal nie saam met jou volk eiendom besit nie. Ek is jou erfporsie en jou aandeel in Israel. Vir die werk wat hulle by die tabernakel doen, vergoed Ek die stam van Levi met al die tiendes wat Israel bring. “Die Israeliete mag van nou af nie meer by die tabernakel kom nie. Dit sal as ’n oortreding beskou word wat lei tot die dood. Die Leviete moet by die tabernakel werk. Hulle dra die verantwoordelikheid daarvoor. Dit is ’n onveranderlike wet. Hulle sal egter nooit enige grond tussen die Israeliete besit nie. Ek gee die tiendes wat die Israeliete vir die HERE offer aan die Leviete as hulle deel. Dit is waarom Ek gesê het dat die Leviete nie ’n erfporsie onder die Israeliete kry nie.” Die HERE het vir Moses gesê: “Sê vir die Leviete: Wanneer Ek vir julle die tiendes wat die Israeliete vir My offer, as erfdeel vir julle gee, moet hulle weer ’n tiende daarvan vir die HERE gee. Dit is dus ’n tiende van ’n tiende. Dit sal beskou word asof dit julle graan van die dorsvloer af en julle eerste wyn van die wynpers af is. So sal julle van die tiendes wat julle van die Israeliete kry, ook julle offer vir die HERE bring. Oorhandig julle tiende daarvan aan die priester Aäron. Sorg dat julle die heel beste daarvan vir die HERE gee. “Sê vir hulle: Wanneer julle die beste dele daarvan gee, word dit beskou as die Leviete se offer uit die oes en die druiwevat. Jy en jou huis mag op enige plek daarvan eet. Dit is jou vergoeding vir die werk wat jy by die tabernakel doen. Solank jy die beste deel daarvan gee, sal niks teen jou gehou kan word nie. Jy moet nooit die heilige dinge van die Israeliete minag nie, want dan sal jy sterf.”