NUMERI 14:8-9
NUMERI 14:8-9 Bybel vir almal (ABA)
As die Here goed is vir ons, dan sal Hy ons in hierdie land bring en Hy sal dit vir ons gee. Dit is 'n land waar daar baie melk en heuning is. Maar dan moet julle nie opstandig wees teen die Here nie en julle moenie bang wees vir die mense in die land nie. Ons sal hulle maklik oorwin. Niemand sal hulle kan beskerm nie. Die Here is by ons, julle moenie bang wees nie.”
NUMERI 14:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As die HERE 'n welbehae in ons het, sal Hy ons in hierdie land inbring en dit aan ons gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning. Wees net nie teen die HERE opstandig nie, en wees julle nie bevrees vir die volk van die land nie, want hulle is ons spys. Hulle beskutting het van hulle gewyk, en die HERE is met ons. Wees nie bevrees vir hulle nie!
NUMERI 14:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
As die Here ons goedgesind is, sal Hy ons na hierdie land toe bring en dit aan ons gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning. Julle moet net nie teen die Here in opstand kom nie. Moet ook nie vir die mense van die land bang wees nie, want ons sal hulle maklik verslaan. Hulle gode sal hulle nie kan beskerm nie. Die Here is by ons. Moenie vir hulle bang wees nie!”
NUMERI 14:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As die HERE ons goedgesind is, sal Hy ons in hierdie land inneem en dit vir ons gee – 'n land wat oorloop van melk en heuning. Teen die HERE moet julle net nie in opstand kom nie. Julle moenie bang wees vir die volk van die land nie, want hulle is 'n maklike prooi vir ons. Hulle beskutting het van hulle gewyk, en die HERE is met ons. Moenie vir hulle bang wees nie.”
NUMERI 14:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As die HERE 'n welbehae in ons het, dan sal Hy ons in hierdie land bring en dit aan ons gee; 'n land wat oorloop van melk en heuning. Wees net nie opstandig teen die HERE nie, en vrees nie die volk van die land nie; want hulle is vir ons brood; hulle verdediging is van hulle afgewyk, en die HERE is met ons; vrees hulle nie.
NUMERI 14:8-9 Die Boodskap (DB)
As die Here tevrede met ons is, sal Hy ons help om hierdie land in te neem en daar te gaan bly. Soos ons vroeër vir julle gesê het: dit is ’n land waar dit lyk of die melk en heuning oral in strome loop. Moet asseblief nie die Here se gesag nou uitdaag nie. Moet ook nie vir die land en sy inwoners bang wees nie, ons kan hulle maklik oorrompel. Hulle afgode waarop hulle staatmaak, sal hulle nie kan help nie, want die Here is aan ons kant. Moenie vir daardie spul bang wees nie!”
NUMERI 14:8-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As die HERE ons liefhet, sal Hy ons in die land laat kom en dit vir ons gee. Dit is ’n baie vrugbare land. Moenie teen die HERE in opstand kom nie! Moenie bang wees vir die mense van die land nie. Hulle is ons slagoffers. Hulle het geen beskerming nie. Die HERE is met ons. Moenie bang wees nie!”