NUMERI 14:45
NUMERI 14:45 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die Amalekiete en die Kanaäniete wat daar in die heuwelgebiede gebly het, het van bo af gekom, hulle aangeval en tot by Gorma verjaag.
NUMERI 14:45 Bybel vir almal (ABA)
Die Amalekiete en die Kanaäniete wat in daardie berge gewoon het, het afgekom en hulle het die Israeliete oorwin. Hulle het die Israeliete na al die kante toe gejaag tot by die stad Gorma.
NUMERI 14:45 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe het die Amalekiete en die Kanaäniete wat in dié gebergte woonagtig was, afgekom en hulle verslaan en hulle verstrooi tot by Horma.
NUMERI 14:45 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Amalekiete en Kanaäniete wat in daardie Bergland woon, het afgekom en hulle verslaan en uitmekaar gejaag tot by Gorma.
NUMERI 14:45 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Amalekiete en Kanaäniete wat op daardie bergland woon, het afgekom. Hulle het die volk verslaan en hulle uitmekaar laat spat tot by Gorma.